Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Coco Gauff se Aussie Ope is verby
’n Emosionele Coco Gauff stap Sondag ná haar nederlaag van die baan af. Foto: AP

Verlede week was Melbourne vasgevang in ’n Coco-manie nadat die Amerikaanse tiener Coco Gauff haar Australiese Ope-tennistoernooi afgeskop het met ’n verrassende oorwinning oor Venus Williams.

Verlede Vrydag het sy in die derde ronde daarvoor gesorg dat Naomi Osaka, die verdedigende kampioen, haar tasse pak.

Die 15-jarige Gauff het gou ’n liefling onder die toeskouers op Melbourne Park geword.

Haar drome om nóg grotes te laat tuimel, het egter Sondag in trane geëindig.

Haar drome om nóg grotes te laat tuimel, het egter Sondag in trane geëindig.

Haar landgenoot Sofia Kenin het haar in die vierde ronde in drie stelle – 6-7 (5/7), 6-3, 6-0 – uitgeskakel en Gauff het die baan in trane verlaat.

Sy was beslis die toeskouers se gunsteling en is aangespoor met krete soos ‘kom nou, Coco, kom nou’.

Dit het Kenin nie ondergekry nie. Sy het nie probeer om ewe veel wedstrydwenners as Gauff te slaan nie, maar het eerder daarop gefokus om die minimum foute te maak.

Haar wedstrydplan het gewerk, want hoewel Gauff 39 wenhoue teenoor haar 28 gemoker het, het die 15-jarige ook 26 ongedwonge foute gemaak.

Met haar afslaan het Gauff gesukkel om die bal op te gooi. Sy het sewe dubbelfoute begaan en kon net 56% van haar eerste afslane inkry.

Kenin sal nou te staan kom teen Ons Jabeur van Tunisië, wat die Chinees Wang Qiang met 7-6(4), 6-1 geklop het.

Die Chinese speler was die 27ste gekeurde en het Vrydag Serena Williams se toernooi kortgeknip.

Ashleigh Barty van Australië het haar landgenote baie gegee om oor opgewonde te raak toe sy na die kwarteindronde deurgedring het. Foto: Getty Images

Die Aussie Ashleigh Barty, die eerste gekeurde, het op Australië-dag ’n agterstand uitgewis om die Amerikaner Alison Riske met 6-3, 1-6, 6-4 te klop.

Riske was die 18de gekeurde.

Barty is reeds in die kwarteindronde waar sy teen die Tsjeg Petra Kvitova, die sewende gekeurde, te staan sal kom.

Kvitova het Maria Sakkari van Griekeland met 6-7 (4/7), 6-3, 6-2 verslaan.

Kiki Bertens, die 9de gekeurde, speel Maandag teen die ongekeurde Spanjaard Garbiñe Muguruza.

Anett Kontaveit van Estland se teenstander is die Pool Iga Swiatek.

Die Duitser Angelique Kerber, die 17de gekeurde, pak die Rus Anastasia Pavlyuchenkova, wat 30ste gekeur is.

Die hoogtepunt van die dag sal straks die stryd tussen Simona Halep, die 4de gekeurde, en die Belg Elise Mertens, die 16de gekeurde, wees. – Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Coco Gauff  |  Ashleigh Barty  |  Australie  |  Melbourne  |  Tennis  |  Tiener  |  Grand Slam  |  Kwarteindronde  |  Aussie Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.