Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tiener-sensasie Coco skuif op na top-50
Coco GauffFoto: Getty Images

Die Amerikaanse tienersensasie Coco Gauff het Maandag die eerste 15-jarige in 15 jaar geword wat vrouetennis se top-50 haal.

Gauff het verlede maand haar opgang voortgesit toe sy die vierde ronde van die Australiese Ope gehaal het. Sy het toe teen Sofia Kenin, die uiteindelike kampioen, verloor.

Sesil Karatantcheva van Bulgarye was dieselfde ouderdom toe sy in Augustus 2005 haar deurbraak na die top-50 gemaak het.

Gauff, wat van Florida kom, is nou 49ste.

Sy het in Julie verlede jaar die vierde ronde van Wimbledon gehaal in haar eerste verskyning in ’n Grand Slam-toernooi.

Sy het in Julie verlede jaar die vierde ronde van Wimbledon gehaal in haar eerste verskyning in ’n Grand Slam-toernooi.

Sy het later in 2019 die derde ronde van die Amerikaanse Ope gehaal voordat sy haar eerste titel in Linz, Oostenryk, gewen het.

Die Australiër Ashleigh Barty is steeds die nr. 1-speler. Die Roemeen Simona Halep, wat Sondag die Dubaise toernooi gewen het, is tweede. Karolina Pliskova van Tsjeggië behou die derde plek op die ranglys. Bianca Andreescu van Kanada is vir die eerste keer vierde gekeur, gevolg deur Kenin, die Aussie-kampioen.

Op die mans se ranglys is daar geen veranderinge nie, met Novak Djokovic steeds die voorste speler, gevolg deur Rafael Nadal en Roger Federer. – Reuters

Meer oor:  Coco Gauff  |  Vsa  |  Tiener  |  Wta  |  Wêreldranglys  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.