Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Coco soek bietjie Potter-towerkuns
Coco Gauff oefen Dinsdag op Melbourne Park. Foto: Getty Images

Die Amerikaanse tiener Coco Gauff het volgende week ’n bietjie towerkuns en geluk nodig wanneer sy op meriete in die hoofloting van die Australiese Ope deelneem.

Gauff is tans 66ste op die wêreldranglys nadat sy verlede week in die Auckland Ope-tennistoernooi gespeel het.

Dit beteken sy is regstreeks in die hoofloting van die jaar se eerste Grand Slam-toernooi.

Die 15-jarige Gauff se vorige Grand Slam-deelname was óf as ’n genooide óf ’n kwalifiseerder.

Gauff het nog net een keer in Melbourne gespeel – in 2018 se junior toernooi.

“Ek is baie opgewonde om hier te wees. As 13-jarige het ek teen juniors gespeel, nou is ek op die groot verhoog.

Coco Gauff poseer saam met akteurs van ‘Harry Potter and the Cursed Child’. Foto: Getty Images

Die talentvolle tiener het verlede jaar van haar laat kennis neem toe sy as ’n kwalifiseerder vir Venus Williams in die eerste ronde van Wimbledon geklop het.

Simona Halep, die uiteindelike kampioen, het Gauff se veldtog eers in die vierde ronde kortgeknip.

Sy is danksy daardie vertoning genooi om in die Amerikaanse Ope te speel, waar sy tot die derde ronde gevorder het.

Sy het daarna haar eerste titel in die vrouereeks in Oostenryk gewen. Sy het Jelena Ostapenko, ’n voormalige Grand Slam-kampioen, in die eindstryd geklop.

Dié Amerikaner is die jongste deelnemer met regstreekse toegang tot die hoofloting van die Aussie Ope, wat Maandag begin.

Gauff was Dinsdag deel van ’n promosiegeleentheid met akteurs wat tans die toneelstuk Harry Potter and the Cursed Child in Melbourne opvoer.

Die organiseerders het 27 Januarie – die tweede Maandag van die toernooi – Harry Potter-dag gedoop. Hulle hoop om gesinne en jonger toeskouers te lok en munt te slaan uit die gewildheid van tieners soos Gauff en haar landgenoot Amanda Anisimova.

Gesinne en kinders sal aangemoedig word om op dié dag as Harry Potter-karakters aan te trek. – Reuters

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Coco Gauff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.