Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Jeff Coetzee sal SA in Australië brei

Jeff Coetzee, ’n voormalige dubbelspel-ster en tans ’n breier in die beroepstennisreeks, sal Suid-Afrika vroeg volgende jaar in die eerste toernooi om die ATP-beker afrig.

Jeff Coetzee. Foto: Gallo Images

Die toernooi tussen 24 lande word van 3 tot 12 Januarie in Australië beslis.

Suid-Afrika is saam met Serwië, Frankryk en Chili in ’n groep in Brisbane.

Suid-Afrika se span bestaan uit Kevin Anderson, Raven Klaasen, Lloyd Harris, Ruan Roelofse en die junior Kholo Montsi.

Coetzee het vanjaar ’n hand in twee Grand Slam-titels gehad as die breier van Colombia se Juan Sebastián Cabal en Robert Farah, wat ná hul dubbelspeltitels op Wimbledon en in die Amerikaanse Ope die nommereen-plek op die wêreldranglys beklee het. – Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Atp-Beker  |  Jeff Coetzee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.