Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Colombiane maak geskiedenis

Dis nie net Simona Halep wat Saterdag geskiedenis gemaak het by Wimbledon nie.

Juan Sebastian Cabal (links) en Robert Farah vier hul dubbelspeltitel by Wimbledon. Foto: AP

Nes Halep die eerste Roemeniër geword het wat ’n enkelspel-titel by dié prestigeryke tennistoernooi verower het, het Juan Sebastian Cabal en Robert Farah baanbrekers vir Colombia geword.

Dié duo het die eerste Colombiane geword wat die Wimbledon-dubbelspeltitel verower het nadat hulle Frankryk se Nicolas Mahut en Edouard Roger-Vasselin in ’n epiese kragmeting met 6-7(5), 7-6(5), 7-6(6), 6-7(5), 6-3 geklop het.

Dié wedstryd, wat vier uur en 57 minute geduur het, was die tweede langste dubbelseindstryd in Wimbledon se geskiedenis.

Slegs John McEnroe en Michael Stich (vyf uur en een minuut) het langer op die baan deurgebring om die trofee te verower.

Mahut, wat vroeg in die wedstryd ’n bal teen die oog gekry het en daarvoor behandeling moes ontvang, het ’n geskiedenis van marathon-wedstryde by Wimbledon.

Hy was in 2010 ook aan die verloorkant toe hy en die Amerikaner John Isner die langste wedstryd in Grand Slam-geskiedenis gespeel het. Hul kragmeting in die eerste ronde het 11 uur en vyf minute geduur. – Reuters

Meer oor:  Wimbledon  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.