Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Coric klop SA se Kevin by Indian Wells

Die jong opkomende tennisspeler van Kroasië Borna Coric het Donderdag ’n agterstand van 4-2 in die derde stel uitgewis om Suid-Afrika se Kevin Anderson met 2-6, 6-4, 7-6(3) in die kwarteindronde by Indian Wells in Kalifornië uit te skakel.

Borna Coric wys sy vreugde nadat hy met Kevin Anderson afgereken het. Foto: Getty Images

Die 21-jarige Kroaat sal egter eers met Roger Federer, die wêreld se voorste speler, moet afreken om die eindstryd te haal.

Die Switser het in sy kwarteindstryd met die Suid-Koreaan Chung Hyeon met 7-5, 6-1 afgereken.

Die ongekeurde Coric het aanvanklik gesukkel teen Anderson, wat al drie hul vorige kragmetings gewen het sonder om ’n stel te verloor. Dit wou voorkom asof die Suid-Afrikaner dié een in die sakkie gehad het toe hy in die beslissende stel op Coric se afslaan deurgebreek het vir ’n voorsprong van 4-2.

Coric, 49ste op die wêreldranglys, het egter dadelik teruggebreek en voort baklei om ’n valbylpot af te dwing.

Anderson het baie foute in die valbylpot begaan en die wedstryd prysgegee.

In die vroueloting is die tiende gekeurde Duitser Angelique Kerber deur Daria Kasatkina (20ste) van Rusland op verrassende wyse met 6-0, 6-2 van die baan gevee.

Kasatkina kom in die halfeindronde teen die 37-jarige Venus Williams (agtste) te staan nadat die Amerikaner Carla Suárez Navarro (27ste) van Spanje met 6-3, 6-2 geklop het.

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Indian Wells  |  Tennis  |  Wta  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.