Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Katpak-herrie ‘10 000 keer erger’

Die Franse tennisspeler Alize Cornet sê die besluit om Serena Williams te verbied om ’n katpak in die toekoms in die Franse Ope te dra, was “10 000 keer erger” as haar voorval by Flushing Meadows.

Alize Cornet verduidelik aan die media waar sy staan ná Dinsdag se omstredenheid by die Amerikaanse Ope. Foto: Getty Images

Die Amerikaanse Ope is Dinsdag in omstredenheid gedompel weens aantygings van seksisme en dubbel standaarde. Cornet (28) is gestraf vir ’n oortreding van die toernooi se gedragskode toe sy haar hemp op die baan uitgetrek het nadat sy besef het dit was agterstevoor.

Williams het vroeër vanjaar die tonge laat klap deur met ’n gewaagde swart, nousluitende eenstuk by die toernooi in Parys op te daag.

Sy het destyds gesê hoewel die uitrusting prettig is, help dit ook om bloedklonte te voorkom.

Bernard Giudicelli, president van die Franse tennisfederasie, het egter bevind dat die swart katpak nie aanvaarbare kleredrag vir die toernooi is nie.

BBCSport berig Cornet het Giudicelli gekritiseer.

“Bernard Giudicelli lewe in ’n ander tyd,” sê sy.

“Wat hy gesê het oor Serena se katpak is 10 000 keer erger as wat Dinsdag met my op die baan gebeur het, want hy is die president van die Franse federasie en hy hoef nie dit te doen nie.”

Die omstrede katpak wat Serena Williams by die Franse Ope gedra het. Foto: Getty Images

Giudicelli het destyds gesê Williams “moet die sport respekteer” toe hy die besluit oor die verbod op haar katpak bekend gemaak het.

“Hierdie soort uitlatings is skokkend,” sê Cornet.

Sy erken ook sy was verstom dat die voorval met haar hemp in haar nederlaag teen Johanna Larsson vir soveel omstredenheid gesorg het.

Die skeidsregter, Christian Rask, het hewige kritiek vir sy besluit ontlok, met die organiseerders van die toernooi wat later gesê het dit was “verkeerd” om Cornet te straf.

“Ons is jammer oor die voorval en het duidelikheid aan ons beleid gegee om te verseker dit sal in die toekoms nie weer gebeur nie,” sê hulle in ’n verklaring.

“Gelukkig het sy net ’n waarskuwing ontvang en geen verdere straf of boete nie.”

Cornet erken sy was bang dat sy ’n boete sou ontvang.

“Mense het my vertel as ek ’n boete kry, sal hulle saam met my staan en ’n revolusie begin en sulke dinge.

“Ek was soos, ‘kalmeer, ek gaan eers al die inligting inwin en dan kan ons besluit oor ’n revolusie,’” sê sy.

“Ek dink dit is baie redelik van hulle om my om verskoning te vra. Ek dink die skeidsregter was dalk deur die situasie oorweldig.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Flushing Meadows  |  Tennis  |  Serena Williams  |  Seksisme  |  Wta  |  Atp  |  New York  |  Alize Cornet  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.