Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Covid-19 dwing Tiafoe uit toernooi

Die Amerikaanse tennisspeler Frances Tiafoe is positief getoets vir Covid-19 en moes onttrek aan die ie in Atlanta.

Frances Tiafoe Vrydag in sy wedstryd teen Sam Querrey by die All-American-spankompetisie in Atlanta. Foto: Getty Images

Tiafoe het Vrydag in die eerste sessie van die toernooi (waarin die VSA se agt voorste manspelers speel) in skoon stelle met sy landgenoot Sam Querrey afgereken. Die 22-jarige het ná die wedstryd gesê hy was duiselig en het gesukkel om in die hitte te speel.

Later Vrydag is gevind hy het die virussiekte onder lede.

“Ongelukkig is ek laat Vrydag positief getoets vir Covid-19 en moes ek onttrek,” het Tiafoe op Twitter gesê.

“Die afgelope twee maande het ek in Florida geoefen en so onlangs as ’n week gelede negatief getoets. Ek moet vroeg in die komende week ’n tweede toets ondergaan, maar ek het reeds begin met kwarantyn-protokol soos aanbeveel deur die mediese personeel in Atlanta.”

Eddie Gonzalez, die direkteur van die All-American-toernooi, het gesê Tiafoe is getoets toe hy in Atlanta aankom en het daagliks temperatuur-toetse geslaag.

“Ná sy wedstryd het hy simptome gehad en hy is dus weer getoets. Dié keer was die toets positief,” het Gonzalez in ’n verklaring gesê. “Tiafoe het sedertdien die toernooi-area verlaat en sal nie aan die res van die toernooi deelneem nie.

“Nadat ons verneem het (van sy positiewe uitslag) het ons onmiddellik begin om die area te ontsmet en skoon te maak, en protokol in plek geplaas om sy kontakte op te spoor en individue wat dalk blootgestel is, in kennis te stel.”

Christopher Eubanks is in Tiafoe se plek betrek vir die laaste twee dae van die toernooi, wat Sondag eindig.

Hoewel die aantal toeskouers by die Atlanta-toernooi beperk was, was daar steeds Vrydag honderde mense teenwoordig.

Tiafoe se positiewe uitslag volg ná groot drama verlede maand toe ’n rits spelers tydens Novak Djokovic se Adria-reeks positief getoets is vir die virussiekte.

Benewens Djokovic het Grigor Dimitrov, Borna Coric en Viktor Troicki ook positief getoets.

Djokovic en sy vrou, Jelena, is sedertdien negatief getoets. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Covid-19  |  Frances Tiafoe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.