Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Covid-19 hou Murray uit Aussie-Ope

Die Britse tennisspeler Andy Murray het hom onttrek aan die Australiese Ope. Dit kom nadat hy vroeër vandeesmaand positief vir Covid-19 getoets het.

Murray (33) het verlede week bevestig dat hy die virus onder lede het en in selfisolasie by sy huis naby Londen is.

Andy Murray gaan nie aan die Australiese Ope deelneem nie. Foto: Getty Images

Dit het beteken dat Murray nie een van die huurvlugte kon haal wat organiseerders van die toernooi in Melbourne vir spelers gereël het om Doer Onder te kom nie. Hy was dus gewikkel in ’n wedloop teen tyd om te verseker dat hy betyds arriveer vir die toernooi wat op 8 Februarie begin, omdat hy met sy aankoms ook 14 dae in kwarantyn sou moes wees.

“Ek is teleurgesteld om die nuus te deel dat ek nie na Australië sal reis om aan die Australiese Ope deel te neem nie,” sê Murray, 123ste op die wêreldranglys.

“Ons was voortdurend in gesprekke om ’n werkbare oplossing te probeer vind wat my sou toelaat om in kwarantyn te wees, maar ons kon dit net nie maak werk nie.”

Selfs indien Murray daarin sou slaag om betyds in Australië vir die toernooi te wees, sou hy straks nie genoeg tyd gehad het om behoorlik voor te berei nie.

“Ek wil almal bedank vir hul moeite. Ek is bitter teleurgesteld om nie in Australië te speel nie. Dit is ’n land en toernooi waarvoor ek baie lief is,” sê Murray, ’n vyfmalige finalis by die Aussie-Ope.

Tans is daar 72 spelers wat in hul hotelkamers is nadat hulle met drie vlugte na Australië gebring is en daar met hul aankoms positiewe gevalle onder die passasiers gevind is.

Intussen het die Australiese staat Victoria vir die 17de agtereenvolgende dag nie ’n enkele plaaslike positiewe Covid-19-geval opgelewer nie.

Saterdag was daar drie nuwe gevalle onder internasionale besoekers by die kwarantynfasiliteite in Victoria. Dit is tans onseker of die gevalle verbind kan word met die Australiese Ope. – Reuters

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Covid-19  |  Andy Murray
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.