Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Covid-19: Junior toernooie in Afrika uitgestel
Die seëvierende Suid-Afrikaanse o.18-tennisspan nadat hy die Afrika-kampioenskap verlede maand in Pretoria gewen het. Foto: TSA

Die Konfederasie van Afrika-tennis het weens kommer oor die koronavirus (Covid-19) besluit om die o.14- en o.16-Afrika-toernooie uit te stel.

Die organisasie sê hy is in verbinding met die gasheerlande om nuwe datums vas te stel, maar dat die betrokke toernooi nie voor 18 Mei sal plaasvind nie.

Die o.14’s se opwarmingstoernooi en kampioenskap sou van 18 tot 28 Maart in Madagaskar plaasgevind het.

Die o.16’s moes van 31 Maart tot 5 April in Togo deelgeneem het.

Nog twee o.12-spantoernooie, wat volgende maand in Mosambiek en Tunisië moes plaasvind, is ook eers uitgestel, volgens Tennis Suid-Afrika.

Suid-Afrika het verlede maand die o.18-spankompetisie in Pretoria gewen. – Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.