Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Dan kan kinders eendag van sege vertel

Die Brit Dan Evans het Novak Djokovic, die wêreld se voorste speler, Donderdag pak gegee en sy plek in die kwarteindstryd van die Monte Carlo-meesterstoernooi bespreek.

Dan Evans Foto: Getty Images

Die 30-jarige Evans, 33ste op die wêreldranglys, het die eerste wedstryd nog tussen hulle met 6-4, 7-5 gewen.

Volgens atptour.com het Evans voor die toernooi nog net vier kleibaanstryde gewen.

Dit was Djokovic, wenner in 2013 en 2015, se eerste nederlaag in 11 wedstryde vanjaar.

Evans kon ná die tyd beswaarlik glo wat hy vermag het. Hy het gesê dit is beslis ’n wedstryd wat hy altyd sal onthou en dat hy sy kinders en kleinkinders eendag sal kan vertel dat hy die nr. 1 geklop het. Evans kom nou vir ’n plek in die halfeindstryd te staan teen België se David Goffin, wat die vyfde gekeurde Alexander Zverev van Duitsland met 6-4, 7-6(7) verras het.

Die derde gekeurde Rafael Nadal het Grigor Dimitrov van Bulgarye maklik met 6-1, 6-1 verslaan en sal volgende teen sy Spaanse landgenoot Roberto Bautista Agut of die Rus Andrey Rublev speel. – Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Dan Evans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.