Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Daria klop Venus op pad na eindstryd

Daria Kasatkina het Saterdagoggend haar marathonstryd teen Venus Williams met 4-6 6-4 7-5 gewen om tot die eindstryd van die BNP Paribas Ope by Indian Wells deur te dring.

Sy sal in die eindstryd teen Simona Halep of Naomi Osaka te staan kom.

Daria Kasatkina Foto: Getty Images

“Ek is ’n bietjie moeg. Nog een wedstryd oor,” het Kasatkina ná haar oorwinning gesê.

Die oorwinning verleng die Aspoestertjie-verhaal van Kasatkina, wat 20ste gekeur is vir die toernooi. Sy het reeds Grand Slam-kampioene soos Sloane Stephens, Caroline Wozniacki en Angelique Kerber verslaan op pad na die eindstryd toe.

In die mansafdeling het Milos Raonic sy frustrasies te bowe gekom om Sam Querrey met 7-5 2-6 6-3 te verslaan en na die halfeindstryd deur te dring.

Juan Martin del Potro kon ook daarin slaag om Philipp Kohlschreiber met 3-6 6-3 6-4 te verslaan.

Die twee sal nou in ’n halfeindstryd teen mekaar te staan kom.

Roger Federer sal later teen Borna Coric in die ander halfeindstryd speel.

“My emosies vat my partykeer op ’n rit en het my al wedstryde gekos, maar ek het ook al wedstryde verloor oor ek my emosies binne gehou het,” het die temperamentele Raonic ná sy oorwinning gesê.

“So dit is partykeer goed om my emosies uit te kry en om te probeer om op daardie manier energie te kry.”

Volgens Raonic moet hy sy afslaan verbeter.

“Ek moet beter afslaan. Dis gewoonlik die beste aspek van my spel. Ek moet doen wat ek die beste doen.” – Reuters

Meer oor:  Milos Raonic  |  Bnp Paribas  |  Indian Wells  |  Venus Williams
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.