Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Davisbeker-vuurdoop wag op SA tiener
Die opkomende Suid-Afrikaanse tennisster Kholo Montsi.Foto: Peter Heeger

Die Suid-Afrikaanse Davisbeker-tennisspan wat op 6 en 7 Maart in Zenica in ’n uitspeelstryd in die Wêreldgroep I teen Bosnië en Herzegowina te staan kom, bestaan uit drie bekende gesigte én ’n ster van die toekoms.

Die kaptein en mentor van die SA span, Marcos Ondruska, het Lloyd Harris, Raven Klaasen, Ruan Roelofse en die tiener Kholo Montsi gekies.

In hul vorige kragmeting het Suid-Afrika vir Bulgarye met 4-1 verslaan om te kwalifiseer vir die uitspeelstryd.

Harris sal oudergewoonte die Suid-Afrikaanse aanslag lei. Hy is tans Suid-Afrika se voorste speler en beklee die 93ste plek op die wêreldranglys.

Vir Klaasen sal dit sy 19de Davisbeker-verskyning vir sy land wees. Hy en sy dubbelspelmaat, Ruan Roelofse, het saam nog net een wedstryd, in 2018 teen Portugal, verloor.

Montsi is die pasgekroonde o.18-Afrika-kampioen en nommer 12 op die Internasionale Tennisfederasie (ITF) se junior wêreldranglys.

Dit sal dié 17-jarige se eerste proesel van Davisbeker-tennis wees.

Die wenner van hierdie kragmeting dring deur tot ’n promosie-kragmeting vir die Wêreldgroep in September.

“Dit is ’n groot geleentheid,” sê Ondruska. “Ons het ’n baie goeie kans om hierdie kragmeting te wen en dan deur te dring.”

Dit is ’n groot geleentheid. Ons het ’n baie goeie kans om hierdie kragmeting te wen en dan deur te dring.
Marcos Ondruska

Hy is ook opgewonde oor die balans van die span.

“Van die jonger spelers kan baie leer by die ervare spelers soos Raven en Ruan. Lloyd word mooi volwasse en gee groot treë op die internasionale verhoog.

“Die span geniet dit om byeen te kom vir hierdie spantoernooie en die band tussen die Suid-Afrikaanse spelers raak al hoe hegter,” sê Ondruska.

Dit sal die eerste keer wees wat dié twee lande slaags gaan raak in die Davisbeker-reeks. – Sportredaksie

Meer oor:  Kholo Montsi  |  Marcos Ondruska  |  Lloyd Harris  |  Suid-Afrika  |  Bosnië En Herzegowina  |  Tennis  |  Tiener
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.