Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Skorsing vir opkikkers opgehef

Die skorsing van die Oekraïense tennisster Dayana Yastremska, 29ste op die wêreldranglys aan die einde van 2020, vir die gebruik van verbode middels is opgehef.

Dayana Yastremska sien uit om na die tennisbaan terug te keer. Foto: Getty Images

Yastremska (21) was voorlopig geskors en het die Australiese Ope misgeloop nadat die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) in November ’n verbode middel in haar urinemonster gevind het.

Sy het die urinemonster buite die kompetisie verskaf en Wada se laboratorium in Montreal, Kanada, het mesteroloon-metaboliet, ’n anaboliese ensiem, daarin gevind. Dit is sintetiese testosteroon.

Haar eerste appèl voor ’n onafhanklike tugkomitee van die Internasionale Tennisfederasie (ITF) is op 23 Januarie verwerp.

Die ITF het nou ná afloop van ’n tweede verhoor bevestig hy “aanvaar juffrou Yastremska se weergawe van hoe sy die middel ingekry het en bevind dat sy nie nalatig of verantwoordelik was vir die oortreding nie”.

Yastremska het van meet af ontken dat sy opkikkers gebruik het en aangevoer dat die positiewe toets die gevolg van ’n “besmettingsvoorval” was.

Yastremska sê op Twitter sy is “verheug en verlig” dat sy “kwytgeskeld is van enige oortreding”.

Sy sê in ’n verklaring: “Die tribunaal het aanvaar die positiewe toets was die gevolg van ’n besmettingsvoorval.

“Ek het die afgelope ses maande baie deurgemaak en dit was moeilik om al die negatiewe kommentaar aan te hoor.”

Yastremska is ’n wenner van drie WTA-titels en haar beste vertoning in ’n Grand Slam-toernooi was ’n verskyning in die vierde ronde by Wimbledon in 2019.

“Ek sien uit daarna om terug te keer na my passie – tennis,” sê sy.

“Dit het my heeltemal te lank van die sport weggeneem, ek kan nie wag om weer mee te ding nie.”

– Reuters

Meer oor:  Itf  |  Verbode Middels  |  Tennis  |  Wada  |  Opkikkers  |  Dayana Yastremska
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.