Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
De Groot klop KG in rolstoel-eindstryd
Kgothatso Montjane in aksie by Wimbledon. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse rolstoel-tennisster Kgothatso Montjane is Sondag deur die topgekeurde Diede de Groot van Nederland in hulle enkelspel-eindstryd op Wimbledon getroef.

De Groot het haar derde titel op Wimbledon gewen toe sy Montjane in skoon stelle met 6-2, 6-2 op Baan 1 verslaan het.

Die 24-jarige De Groot het Wimbledon in 2017 en 2018 ook gewen. Sy was vroeër vanjaar ook die wenner in Australië en op Roland Garros.

De Groot het sedert haar eerste Grand Slam-toernooi in 2017 reeds elkeen van die vier toernooie gewen.

KG, soos Montjane bekend staan, het die afgelope week vir die eerste keer die enkelspel- én dubbelspel-eindstryd by dieselfde Grand Slam-toernooi gehaal.

Die Suid-Afrikaner was Saterdag ook in haar tweede dubbelspel-eindstryd van ’n Grand Slam-toernooi betrokke.

Sy en haar dubbelsmaat, die Brit Lucy Shuker, is Saterdag met 6-0, 7-6(0) verslaan deur die tweede gekeurde paar, Yui Kamiji en Jordanne Whiley.

Die 35-jarige Montjane het vroeër vanjaar by die Australiese Ope haar eerste Grand Slam-eindstryd in die dubbelspel gehaal. Sy en Shuker was daar ook dubbelspelmaats. – Sportredaksie

Meer oor:  Kgothatso Montjane  |  Suid-Afrika  |  Nederland  |  Engeland  |  Tennis  |  Eindstryd  |  Wimbledon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.