Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Deense Clara Tauson (18) bo in Lyon-ope

Die Deen Clara Tauson het haar eerste WTA-titel behaal nadat sy die Switserse kwalifiseerder Viktorija Golubic in Sondag se eindstryd van die Lyon-ope in Frankryk met 6-4, 6-1 geklop het.

Clara Tauson het haar eerste WTA-titel in Lyon verower. Foto: Getty Images

Tauson (18) het sewe kishoue binne die stryd behaal wat ’n totaal van een uur en 29 minute geduur het.

Sy het in dié tyd ook vyf van die agt breekpunte gered.

Dit was die tweede kragmeting tussen dié twee, met Tauson, tans 139ste op die wêreldranglys, wat die vorige een in Januarie met 6-0, 4-6, 6-3 gewen het.

* Tunisië se Ons Jabeur het sterk begin in die Dubai-tenniskampioenskap, waar sy met 6-2, 6-3 die oorhand oor Katerina Siniakova van die Tsjeggiese Republiek gekry het.

Die Amerikaner Coco Gauff moes sweet om Rusland se Ekaterina Alexandrova met 7-6(3), 2-6, 7-6(8) te troef in ’n stryd wat naby aan drie ure gedraai het.

Die Russe Veronika Kudermetova en Svetlana Kuznetsova, sowel as Frankryk se Alize Cornet, Letland se Anastasija Sevastova en die Tsjeg Barbora Krejcikova het almal ook verby die ronde van 64 gekom. – Reuters

Meer oor:  Coco Gauff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.