Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Del Potro klop Federer in eindstryd
Juan Martín del Potro vier Sondag sy sege. Foto: Getty Images

Juan Martín del Potro het Sondagaand drie wedstrydpunte afgeweer voordat hy Roger Federer, die voorste tennisspeler ter wêreld, sy eerste nederlaag van die jaar by Indian Wells toegedien het.

Del Potro word deur Roger Federer gelukgewens. Foto: Getty Images

Die Argentyn het sy grootste titel sedert die Amerikaanse Ope nege jaar gelede beklink deur met 6-4, 6-7(8), 7-6(2) te seëvier.

Federer, die verdedigende kampioen, het voor dié eindstryd 17 agtereenvolgende wedstryde in 2018 gewen, wat sy 20ste Grand Slam-titel by die Australiese Ope in Januarie insluit.

Hy was egter nie in staat om sy 29-jarige teenstander voor ’n luidrugtige skare te tem nie.

Del Potro is destyds as ’n bedreiging vir Federer se oorheersing beskou toe hy in 2009 by Flushing Meadows geseëvier het, maar hy het sedertdien met polsgewrigprobleme gesukkel wat byna sy loopbaan beëindig het.

“Ek bewe steeds van senuwees, dit is moeilik om te beskryf, dit is soos ’n droom,” sê Del Potro, wat sy eie wenrekord tot 11 agtereenvolgende wedstryde gerek het.

“Ek het hard hiervoor gewerk en dit vermag ná al my probleme en operasies. Ek kan nie glo ek is hier en dat ek ’n Meesters 1000-toernooi gewen het deur Roger te klop nie. Dit is ongelooflik.”

Del Potro het Sondag slegs sy sesde oorwinning in 24 probeerslae teen die Switser behaal.

Die naelbytstryd het byna drie uur geduur.

* In die eindstryd vir vroue het die ongekeurde Naomi Osaka die stryd van die 20-jariges teen Daria Kasatkina gewen.

Naomi Osaka van Japan het die eindstryd vir vroue gewen. Foto: Getty Images

Die Japanner het die Rus met 6-3, 6-2 getroef vir haar eerste WTA-titel.

Osaka, 44ste op die wêreldranglys, het vier keer op Kasatkina se afslaan deurgebreek en die sege in 70 minute beklink.

Meer oor:  Indian Wells  |  Tennis  |  Wta  |  Roger Federer  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.