Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Dié keer soek Tsitsipas Barcelona-titel

Stefanos Tsitsipas is Sondag terug op die plek waar hy drie jaar gelede sy groot deurbraak gemaak het – die eindstryd van die Barcelona Ope.

Die Griekse tennisspeler het toe vir die eerste keer die eindstryd van dié kleibaantoernooi gehaal en Sondag kry hy ’n tweede kans om die trofee te lig.

Stefanos Tsitsipas vier Saterdag sy oorwinning in die halfeindronde van die Barcelona Ope. Foto: Getty Images

Tsitsipas, nr. 5 op die wêreldranglys, het sy halfeindstryd teen Jannik Sinner oortuigend met 6-3, 6-3 gewen, berig atptour.com.

Dié kampioen van die onlangse Monte Carlo-toernooi het al vier die breekpunte teen hom gered en is sover vanjaar onoorwonne op klei.

Hy het tot dusver 10 van sy 12 wedstryde in Barcelona gewen.

Die man aan die ander kant van die net in Sondag se eindstryd was egter sy meerdere in 2018 se laaste wedstryd – die 11-malige Barcelona-kampioen, Rafael Nadal.

Die kleikoning was Saterdag in sy halfeindstryd met 6-3, 6-2 baas in ’n Spaanse tweestryd teen Pablo Carreno Busta.

• In Belgrade, Serwië, het die Rus Aslan Karatsev nie die draaiboek mooi gelees nie.

Hy het die Serwiër Novak Djokovic ontneem van ’n plek in die eindstryd van sy tuistoernooi deur hul halfeindstryd met 7-5, 4-6, 6-4 te wen.

Die wedstryd het 3 uur 25 minute geduur.

Djokovic was die eerste gekeurde en Karatsev die derde gekeurde.

Thomas Guenthardt, toernooidirekteur, oorhandig Saterdag ’n bos blomme aan Ashleigh Barty op haar 25ste verjaardag. Foto: Getty Images

Karatsev sal in die eindstryd te staan kom teen die wenner van die wedstryd tussen Matteo Berrettini en Taro Daniel.

• In Stuttgart, Duitsland, het Ashleigh Barty op haar 25ste verjaardag ’n agterstand van ’n stel uitgewis om Elina Svitolina te klop en die eindstryd in haar eerste verskyning in die Porsche Grand Prix-toernooi te haal.

Die telling was 4-6, 7-6(5), 6-2.

Die vyfde gekerude Aryna Sabalenka van Belarus het verras en die tweede gekeurde Simona Halep met 6-3, 6-2 uitgeskakel.

Die wedstryd het net meer as ’n uur geduur.

• TV: Barcelona Sondag van 16:00 af (SS 201, 214). – Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Nadal  |  Atp  |  Barcelona Ope  |  Rafael
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.