Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Dié titel wil Rafael Nadal inkatrol

Wanneer ’n tennisspeler die voorste plek op die wêreldranglys beklee én met ’n rits Grand Slam-titels spog, word daar algemeen aanvaar dat hy al omtrent elke titel onder die son wat saakmaak, gewen het.

Rafael Nadal. Foto: Reuters

Dis egter nie waar in die Spanjaard Rafael Nadal se geval nie. Dié 33-jarige, met 19 Grand Slam-titels op sy kerfstok, kon nog nooit die ATP-jaareindtoernooi wen nie. Vanjaar se toernooi begin vandag in Londen en word tussen die wêreld se voorste agt spelers beslis, wat in twee groepe verdeel is.

Nadal bevind hom saam met die verdedigende kampioen, Duitsland se Alexander Zverev, die Griek Stefanos Tsitsipas en die Rus Daniil Medvedev in Groep Andre Agassi.

Die Serwiër Novak Djokovic, Roger Federer van Switserland, die Oostenryker Dominic Thiem en Matteo Berrettini van Italië is in Groep Bjorn Borg.

Wat die toernooi dalk ’n titseltjie moeiliker maak, is dat daar nie wegkruipplek in ’n aanvanklike maklike wedstryd of twee is nie.

Om sake verder vir Nadal te bemoeilik, moes hy hom verlede week weens ’n maagbesering aan die Parys-meesterstoernooi onttrek.

“Ek is vol vertroue dat ek mededingend kan wees, maar dit is ’n toernooi waar jy reg van die begin af teen die voorste spelers te staan kom – so jy moet 100% reg wees,” sê Nadal volgens Reuters.

Vir Nadal is wel meer as net ’n eerste titelsukses in die jaareindtoernooi op die spel, aangesien Djokovic die nr. 1-posisie op die wêreldranglys by hom kan buit.

  • Vandag se bepalings: 16:00: Novak Djokovic t. Matteo Berrettini, 22:00: Roger Federer t. Dominic Thiem.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.