Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Dis Kyrgios teen Nadal in Melbourne

Die Aussie Nick Kyrgios sê hy het, ondanks hulle persoonlike verskille in die verlede, respek vir Rafael Nadal teen wie hy Maandag in die vierde ronde van die Australiese Ope te staan kom.

Die Aussie Nick Kyrgios het Karen Khachanov van Rusland in ’n marathonstryd in die Australiese Ope geklop. Foto: Getty Images

Kyrgios was heel diplomaties toe die woordestryd wat hy en Nadal al by meer as een geleentheid gehad het, ter sprake gekom het.

“Ongeag, of ons van mekaar hou of nie of wat ookal, ek dink daar is ’n laag van respek tussen ons,” het Kyrgios gesê ná sy rillerstryd van vyf stelle teen die Rus Karen Khachanov.

“Hy is een van die beste spelers van alle tye. Ek lees ook hy dink ek is goed vir die spel.

“Daar is ’n laag van respek tussen ons. Dit beteken nie noodwendig ons hou van mekaar nie, maar ons bied kontrasterende style en persoonlikhede.”

Kyrgios het Khachanov in vier uur en 26 minute met 6-2, 7-6 (7/5), 6-7 (6/8), 6-7 (7/9), 7-6 (10/8) tot oorgawe gedwing – die langste wedstryd van die dikwels omstrede Aussie se loopbaan.

Kyrgios en Nadal het mekaar verlede jaar in Mexiko in ’n vurige stryd gepak met humeure wat gereeld opgevlam het.

Nadal het agterna gesê Kyrgios is disrespekvol.

Die 24-jarige Kyrgios het later gesê Nadal was “super salty” en hy het gespot met die 19-malige grand slam-wenner se kenmerkende bewegings wanneer hy dien in ’n wedstryd teen Gilles Simon.

* Novak Djokovic, die verdedigende Australiese Ope-kampioen, het nie veel moeite ondervind om die 14de gekeurde Argentyn Diego Schwartzman Sondag in die vierde ronde met 6-3, 6-4, 6-4 te troef nie.

Hy kom nou in die volgende ronde teen die Kanadees Milos Raonic te staan.

Dit is die 11de keer wat Djokovic sy plek in dié toernooi se kwarteindronde bespreek.

In die vroue-afdeling het die Amerikaanse tiener Coco Gauff se drome om geskiedenis in die Australiese Ope te maak, in trane geëindig.

Sy is in drie stelle – 6-7 (5/7), 6-3, 6-0 – deur haar landgenoot Sofia Kenin uitgeskakel.

Gauff het die baan in trane verlaat nadat sy Venus Williams vroeër in die eerste ronde geklop het en daarna ’n opskudding teen die kampioen, Naomi Osaka, in die derde ronde gelewer.

Die sewende gekeurde Tsjeg Petra Kvitova het die Maria Sakkari van Griekeland met 6-7 (4/7), 6-3, 6-2 verslaan. ausopen.com

Meer oor:  Nick Kyrgios  |  Rafael Nadal  |  Aussie Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.