Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Wonderwerk, ek moes eintlik 2 maande rus’

Ashleigh Barty, die vroue-wenner van Wimbledon, het onthul dis ’n wonderwerk dat sy in die toernooi gespeel het.

Sy moes eintlik vir twee maande gerus het met haar heupbesering.

Ashleigh Barty met haar trofee. Foto: Getty Images

Die besering het haar Franse Ope vroeër kortgeknip en daar was kommer of sy aan Wimbledon sou deelneem.

Barty (25) het die tweede Grand Slam-titel in haar loopbaan Saterdag gewen toe sy die Tsjeg Karolína Plíšková in drie stelle met 6-3, 6-7(4), 6-3 geklop het.

Sy is in die toernooi ’n paar keer oor haar heup uitgevra nadat sy op 3 Junie tou opgegooi het by Roland Garros. Barty het telkens positiewe antwoorde gehad, maar ná haar halfeindstryd teen Angelique Kerber erken dit was raap en skraap.

Haar afrigtingspan het haar eers nadat sy die trofee Saterdag omhoog gehou het, ingelig dat so ’n besering twee maande neem om te herstel. Sy sê ná die wedstryd het sy tot die slotsom gekom hulle het heelwat kaarte styf teen die bors gehou en haar nie heeltemal ingelig oor die situasie nie.

Wondere is verrig en sy was ná 26 dae terug op die baan toe sy in haar eerste wedstryd teen Carla Suarez Navarro uitgestap het.

“Om hier op Wimbledon te kon speel, was niks minder as ’n wonderwerk nie. Om sonder pyn regdeur die toernooi te kon speel was ongelooflik,” sê Barty.

“Dit was die ongelooflikste gevoel wat ek nog ooit op ’n tennisbaan ervaar het. Ek het my hele loopbaan so hard gewerk saam met my span en met mense wat vir my die meeste beteken om my doelwitte te bereik.

“Vir tennisspelers oor die hele wêreld heen is Wimbledon die plek waar tennis gebore is. Dit is waar alles begin het. Ek het dit verstaan aangesien ek hier as junior gespeel het en toe ook ’n ongelooflike week beleef het.

Barty was tien jaar gelede die meisieskampioen.

Sy sê dis wonderlik om haar grootste droom te kon verwesenlik en dat dit ook ongelooflik is dat dit saamgeval het met die 50ste herdenking van haar landgenoot Evonne Goolagong se eerste titel by Wimbledon. – Sportredaksie, wimbledon.com

Meer oor:  Wimbledon  |  Tennis  |  Ashleigh Barty
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.