Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Dít is hoekom Medvedev nie seges vier
Die Rus Daniil Medvedev sê dit is sy ding om nie sy oorwinnings te vier nie. Foto: Getty Images

Daniil Medvedev het Sondagaand by die ATP-jaareindtoernooi die grootste titel van sy loopbaan verower, “die beste oorwinning” van sy lewe, maar hy het dit nie gevier nie.

Dié lenige Rus het eenvoudig opgekyk na sy ondersteuners-losie, sy skouers opgetrek, ’n tennisbal uit sy sak uit verwyder, weer sy skouers opgetrek en uitdrukkingloos in die rigting van sy verslane teenstander, Dominic Thiem, by die net aangestap.

Medvedev (24) sê as hy nog titels verower, selfs een van tennis se Grand Slams, sal hy weer dieselfde doen.

“Dít gaan my ding wees,” het hy gesê ná sy oorwinning met 4-6, 7-6(7-2), 6-4 in Londen.

“Ek dink ek is waarskynlik die eerste een wat tennis betref. Ek het beslis in sokker al gesien dat sekere spelers nie feesvier nie.

“Ek het die besluit geneem by die Amerikaanse Ope, waar die toeskouers dinge vir my moeilik gemaak het. Ek vier nie my oorwinnings nie en ek hou daarvan.”

Die “moeilik” waarna Medvedev verwys het in 2019 se toernooi by Flushing Meadows in New York gebeur. Hy is in die vroeë rondes van die byeenkoms deur die toeskouers uitgejou vir sy swak gedrag op die baan, maar het hulle met sy verskyning in die eindstryd weer aan sy kant gekry danksy ’n glimlag en ’n grappie.

Daardie dag – sy eerste verskyning in ’n Grand Slam-eindstryd – het Rafael Nadal hom in vyf stelle verslaan.

Medvedev het 14 maande later die Spaanse legende geklop op pad na sy pragsege by die O2-arena en boonop sy stem dik gemaak as ’n toekomstige ster van die sport.

Hy het die toernooi onoorwonne voltooi en oorwinnings behaal oor die wêreldnommereen, Novak Djokovic, in die groepfase, Nadal (tweede op die wêreldranglys) in die halfeindronde en Thiem, derde op die ranglys, in die eindstryd.

– Sportredaksie, BBCSport

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Dominic Thiem  |  Roger Federer  |  Atp  |  Daniil Medvedev  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.