Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Novak ewenaar Pete met 14de Slam-titel
Novak Djokovic, die nuwe VSA-=Ope-kampioen. Foto: Getty Images

Novak Djokovic het Sondag vir die derde keer by die Amerikaanse Ope geseëvier en trek nou gelyk met die legendariese Pete Sampras op 14 Grand Slam-titels.

SuperSport.com berig die Serwiër was met 6-3, 7-6 (7/4), 6-3 baas teen Juan Martin del Potro van Argentinië.

Djokovic omhels sy teenstander in Sondag se eindstryd, Juan Martin del Potro. Foto: Getty Images

Djokovic, in sy agtste eindstryd in New York en die kampioen in 2011 en 2015, is nou net drie major-titels agter Rafael Nadal en ses agter die rekord van 20 wat deur Roger Federer gehou word.

Die 31-jarige Djokovic, wat verlede jaar se toernooi weens ’n elmboogbesering misgeloop het wat gedreig het om sy loopbaan te kniehalter, het boonop vir die derde keer die Wimbledon- en VSA-Ope-krone in dieselfde jaar verower.

Del Potro, derde op die wêreldranglys, het in slegs sy tweede Grand Slam-eindstryd verskyn nadat hy juis by Flushing Meadows nege jaar gelede as die Amerikaanse Ope-kampioen gekroon is.

Djokovic se oorwinning beteken 50 van die laaste 55 Slams is verower deur die “Groot Vier” bestaande uit Federer, Nadal, Djokovic en Andy Murray.

– Sportredaksie

Meer oor:  Flushing Meadows  |  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Juan Martin Del Porto  |  Wta  |  Atp  |  New York  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.