Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Djokovic, Federer aan die wenkant
Novak Djokovic het Dinsdag deurgedring tot die derde ronde van die Cincinnati-meesterstoernooi. Foto: Getty Images

Novak Djokovic het Dinsdag ’n senuagtige begin in die Cincinnati-meesterstoernooi oorleef om Sam Querrey met 7-5, 6-1 te klop.

Dit was die Serwiër, nommer een op die wêreldranglys, se eerste wedstryd sedert sy sege oor Roger Federer in Julie se epiese Wimbledon-eindstryd.

Die sewemalige Cincinnati-kampioen Federer, ook in sy eerste kragmeting sedert Wimbledon, het vinniger weer sy voete gevind en in slegs 61 minute met 6-3, 6-4 met Juan Londero afgereken.

Djokovic, die verdedigende kampioen, het die wedstryd met sy 15de kishou beklink, maar sy afslaan het hom vroeër probleme besorg.

“Ek het drie dubbelfoute in my eerste pot begaan en my afslaan verloor. Ek was nogal senuagtig aan die begin,” sê hy nadat sy Amerikaanse teenstander die voortou met 2-0 geneem het.

“Ek is regtig in my skik om hierdie uitdaging te oorkom en aan die gang te kom.”

Djokovic, wat Federer in Julie in ’n onvergeetlike wedstryd van vyf stelle by Wimbledon geklop het, sê hy het tyd nodig gehad om geestelik van daardie kragmeting te herstel.

“Dit was een van die mees epiese stryde waarin ek nog betrokke was en waarskynlik die veeleisendste vanuit ’n sielkundige oogpunt,” sê hy.

“So dit my inderdaad ’n ruk geneem om my batterye te herlaai, veral geestelik. My fiksheid was op peil.”

* In die vroueloting was daar gemengde welslae vir die Williams-susters.

Venus Williams het die verdedigende kampioen Kiki Bertens met 6-3, 3-6, 7-6(4) geklop, terwyl haar suster Serena haar weens rugprobleme aan die toernooi moes onttrek.

Serena, wat Sondag in die eindstryd van die Rogersbeker-toernooi in Montreal, Kanada, die handdoek ingegooi nadat sy spasmas in haar rug gekry het, se kragmeting teen Zarina Diyas het nooit plaasgevind nie.

Dit is ’n gevoelige slag vir die Amerikaner se voorbereidings vir die Amerikaanse Ope. Die laaste Grand Slam-toernooi van die jaar begin oor twee weke.

Volledige uitslae.

– Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Serena Wil­Liams  |  Wta  |  Roger Federer  |  Atp  |  Venus Williams
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.