Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Djokovic, Federer in dieselfde groep
Roger Federer en Novak Djokovic. Foto: Getty Images

Novak Djokovic van Serwië en die Switser Roger Federer is in dieselfde groep geloot vir die ATP-jaareindtoernooi wat vandeesmaand in Londen beslis word.

Die Spaanse maestro Rafael Nadal, wat Maandag vir die agtste keer die nommereen-posisie op die wêreldranglys ingeneem het, bevind hom saam met die verdedigende kampioen, Alexander Zverev van Duitsland, aan die ander kant van die loting.

Djokovic en Federer sluit hul aan by die Oostenryker Dominic Thiem en Matteo Berrettini van Italië in Groep Bjorn Borg. Nadal en Zverev sal sake uitspook in Groep Andre Agassi saam met die Griek Stefanos Tsitsipas en die Rus Daniil Medvedev.

Federer het die ATP-jaareindtoernooi ’n rekord ses keer beklink, met sy laaste sege in 2011. Djokovic het al vyf keer koning gekraai.

Nadal kon nog nooit die toernooi wen nie en het die eindstryd teen Federer in 2010 en Djokovic in 2013 verloor.

Vanjaar se kampioen by die Franse en Amerikaanse Ope het hom verlede week weens ’n maagbesering aan die Parys-meestertoernooi onttrek, maar het bevestig hy reis na Londen nadat hy ’n skandering ondergaan het.

Die ATP-jaareindtoernooi word van 10-17 November beslis en volg ’n rondomtalie-formaat, met die boonste twee spelers in elke groep wat na die halfeindronde deurdring.

– Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Roger Federer  |  Atp  |  Atp-Jaareindtoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.