Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Djokovic, Keys vorder na halfeind
07 September 2018
Novak Djokovic mik vir sy derde titel in New York. Foto: Getty Images

Die tweemalige kampioen Novak Djokovic het Donderdagoggend (SA tyd) John Millman se Amerikaanse Ope-sprokie by Flushing Meadows beëindig.

Die sesde gekeurde Serwiër het die Aussie, 55ste op die wêreldranglys, met 6-3, 6-4, 6-4 geklop om die halfeindronde in New York te haal.

Dit is Djokovic, wat ’n titeldroogte van 54 weke gebreek het met sy 13de Grand Slam-kroon by Wimbledon, se 11de VSA-Ope-halfeindstryd in sy laaste 11 besoeke aan die Groot Appel.

Sy volgende teenstander is Kei Nishikori (2ste), wat die eindstryd in 2014 gehaal het.

Die Japanner het Woensdag meer as vier uur lank gespook om die Kroaat Marin Cilic met 2-6, 6-4, 7-6 (7/5), 4-6, 6-4 te troef.

Die ander halfeindstryd word tussen Rafael Nadal (eerste) en Juan Martin del Potro (derde) beslis.

In die vroueloting het Madison Keys (14de) van die VSA die tweede jaar agtereenvolgens deurgedring na die halfeindronde met ’n sege van 6-4, 6-3 teen die Spanjaard Carla Suarez Navarro.

Madison Keys hou die VSA se naam hoog. Foto: Getty Images

Die 23-jarige Keys het in die toernooi se eindstryd in 2017 teen haar landgenoot Sloane Stephens verloor.

Sy sal eers verby die 20-jarige Naomi Osaka moet kom om weer in die eindstryd te verskyn. Die Japanner het haar plek in haar eerste Slam-halfeindronde bespreek deur Lesia Tsurenko met 6-1, 6-1 te verneder.

Die sesmalige kampioen Serena Willams pak Anastasija Sevastova van Letland in die ander halfeindstryd.

– Sportredaksie

Meer oor:  Flushing Meadows  |  Tennis  |  New York  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.