Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Djokovic maak terugkeer in Miami

Novak Djokovic sal sy terugkeer tot die tennisbaan by die Miami-ope maak nadat hy herstel het van die besering wat hy by die Australiese Ope opgedoen het.

Djokovic (33), ’n Serwiër, het ’n spier geskeur tydens sy veldtog verlede maand in Melbourne.

Novak Djokovic is die ene konsentrasie in die eindstryd van die Australiese Ope. Foto: Getty Images

Die besering het hom egter nie verhoed om sy negende titel by die Aussie-ope in te palm nie. Hy het die Rus Daniil Medvedev in die eindstryd verslaan.

Volgens ’n skedule wat op Djokovic, die wêreld se voorste manspeler, se webtuiste gepubliseer is, sal hy van 22 Maart af in Miami deelneem.

Dit is die eerste van drie toernooie waarin hy in aksie sal wees, voordat hy koers sal kies na Europa vir die kleibaanseisoen. Die Franse Ope begin in Mei.

Djokovic het die toernooi in Miami in 2007, 2011, 2012, 2014, 2015 en 2016 gewen.

Ná Miami sal Djokovic aan die Monte Carlo-meesterstoernooi in Monaco deelneem, gevolg deur die Serwiese Ope, wat van 19 tot 25 April plaasvind. – Reuters

Meer oor:  Australiese Ope  |  Novak Djokovic  |  Miami Ope  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.