Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Djokovic onttrek benoeming vir ATP-raad
Novak Djokovic Foto: Getty Images

Novak Djokovic, wat die voorste plek op die wêreldranglys beklee, het sy naam uit die hoed gehaal vir hierdie maand se ATP Spelersraad se verkiesing.

Die Serwiër het aangedui dat die beheerliggaam se nuwe reël beteken dat dit ’n “belangebotsing” sal wees weens sy rol by die Vereniging vir Professionele Tennisspelers (PTPA).

Djokovic het die PTPA, ’n afsonderlike organisasie, gestig op die vooraand van die Amerikaanse Ope in September en toe afstand gedoen van sy pos as die hoof van die spelersvereniging.

Hy het verlede maand bevestig dat sy medeberoepspelers hom wel vir die nuwe verkiesing benoem het, en dat hy dit toe aanvaar het.

Die ATP se nuwe reël beteken egter dat hy moet onttrek.

“Gegewe die nuutste ontwikkelinge, voel ek dit is ongelukkig nodig om myself te onttrek van die lys van kandidate,” het hy in ’n verklaring op Twitter gesê.

“Ek wil nie konflik veroorsaak of onsekerheid skep rondom die spelersverkiesing, of enige probleme skep nie.”

Hy het weer sy stellings vroeër vanjaar beaam dat hy wil hê die PTPA moet saam met die sport se beheerliggame bestaan, maar dat die bal nou in hulle baan is.

“Die PTPA het dit duidelik gestel dat dit nie veglustig wil wees nie en dit is onseker hoe die ATP die assosiasie in die toekoms sal sien,” het Djokovic verder gesê.

Hy het bygevoeg dat die PTPA steeds in sy wordingstyd is, maar dat hy gretig is om dit te ontwikkel tot op ’n punt waar dit die belange van spelers, veral diegene wat laer op die ranglyste lê, kan bevorder.

Sy besluit om die PTPA op die been te bring het die tennisgemeenskap onkant betrap met Roger Federer en Rafael Nadal wat nie ten gunste daarvan was nie. – Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.