Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Djokovic pak Noorweër in halfeindronde

Novak Djokovic is deur na sy 11de halfeindstryd by die Italiaanse Ope nadat hy geseëvier het in sy sukkelsege oor Dominik Koepfer.

Novak Djokovic. Foto: Getty Images

Die Serwiër moes hard werk om met 6-3, 4-6, 6-3 te wen en sy volgende kragmeting teen Casper Ruud te bespreek.

Djokovic was haastig uit die blokke en het sonder moeite tot ’n 4-0 voorsprong in die eerste stel gejaag, maar soos wat sy intensiteit verswak het en Koepfer se senuwees bedaar het, was die tafel gedek vir ’n opwindende stryd.

Koepfer, wat 97ste op die wêreldranglys is en dié week in sy eerste Meesters-1000-toernooi gespeel het, het drie potte agtereenvolgens gewen, voordat Djokovic se voorarmspel weer skade begin aanrig het.

Die Duitser wou nie opgee nie en het diep gedelf om sy peil weer te lig.

In die tweede stel het hy kwaai druk op Djokovic geplaas terwyl hy koelkop gebly het en dinge vir die Serwiër moeilik gemaak het wanneer dit nodig was.

Die momentum was egter weer aan Djokovic se kant in die derde stel. Sy afslaan was gevaarlik en sy voorarmhoue het weer die druk op Koepfer geplaas.

• Ruud het herstel nadat hy ’n stel agter was om die eerste Noorweër te word wat ’n Meesters-1000-halfeindstryd haal nadat hy verby Matteo Berrettini geskuur het met 4-6, 6-3, 7-6(7/5).

Berrettini het verlede maand die Noorweër by die Amerikaanse Ope geklop, maar dit was Saterdag ’n heel ander affêre met die twee spelers wat vir 2 ure, 57 minute geswoeg het.

• Denis Shapovalov het self drie stelle benodig om vir Grigor Dimitrov te troef.

Die Kanadees het dié stryd teen die Bulgaar met 6-2, 3-6, 6-2 gewen. Hy sal nou teen die wenner van Saterdagaand (SA tyd) se stryd tussen Rafael Nadal en Diego Schwartzman te staan kom in Sondag se halfeindronde.

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Denis Shapovalov  |  Casper Ruud  |  Rome  |  Italiaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.