Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Djokovic ‘Robin Hood van tennis’

Novak Djokovic se afrigter, Goran Ivanisevic, beskryf die Serwiese ster as “die Robin Hood van tennis”, maar glo die wêreld-nommereen kan sy eie grootste teenstander wees.

Goran Ivanisevic (regs) gesels met Novak Djokovic by ’n oefening. Foto: Getty Images

Ivanisevic, die Wimbledon-kampioen in 2001, meen ook Djokovic is die enigste manspeler wat die kalender-Grand Slam kan behaal.

Djokovic (34) word sedert 2019 deur die Kroaat afgerig en het vyf major-titels in daardie tyd verower. Hy het Sondag sy sesde Wimbledon-oorwinning en 20ste Grand Slam-titel beklink.

As hy later vanjaar op die Amerikaanse Ope seëvier, sal hy die eerste man in meer as 50 jaar word wat ’n kalender-Grand Slam voltooi.

“Soms is mense net bewus van die slegte dinge wat Novak doen, hulle sien nie die goeie dinge raak wat hy doen deur ander mense te help nie,” sê Ivanisevic in ’n onderhoud met The Times.

“Hy is ’n persoon wat nie huiwer om kwessies aan te pak nie, die enigste tennisspeler wat in die bres sal tree vir sy medespelers. Hy is die Robin Hood van tennis.

“Novak is sy eie grootste teenstander. Dit skep soms probleme. Ek sal dink ’n hou is piekfyn, hy sal weer dink dieselfde hou is glad nie reg nie. Hy streef daarna om perfek te wees.

“Ek het sewe jaar gelede gesê Novak Djokovic is die enigste man wat al vier Grand Slams in een jaar kan wen. Hoekom? Die ou het die beste spel vir al die oppervlakke en hy wil eenvoudig verbeter, verbeter, verbeter.” – Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.