Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Djokovic se 2de Covid-19-toets negatief
Novak DjokovicFoto: Getty Images

Die wêreld se nommereen-tennisspeler, Novak Djokovic, en sy vrou, Jelena, wat verlede week albei positief vir die koronavirus getoets is, is intussen negatief getoets.

Albei is positief getoets ná die tweede Adria-toernooi in Kroasië, waar Djokovic een van vier spelers was wat die koronavirus opgedoen het.

Twee van sy afrigters, die Bulgaarse speler Grigor Dimitrov, Borna Coric van Kroasië en Serwië se Viktor Troicki is ook positief getoets.

Djokovic se mediaspan het Donderdag gesê die 33-jarige Serwiër is nou negatief getoets. Nie hy of sy vrou het volgens die verklaring enige simptome ervaar nie, berig Sport24.

Hulle was in afsondering sedert hulle van Zadar in Kroasië na Belgrado teruggekeer het.

Djokovic, wat die Adria-toernooi aangebied het, het deurgeloop onder kritiek nadat daar nie deur spelers of toeskouers gehou is by die veiligheidsmaatreëls nie.

Djokovic het vroeër dié week meer as €40 000 aan die Serwiese stad Novi Pazar, wat kwaai deur die pandemie getref is, geskenk. – Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Kroasië  |  Tennis  |  Covid-19  |  Negatief  |  Toets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.