Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Djokovic skenk geld vir stryd teen virus

Novak Djokovic, die wêreld se voorste tennisspeler het €1 miljoen geskenk vir die koop van ventilators en ander mediese toerusting in Serwië.

Novak Djokovic. Foto: Getty Images

Sportlui wêreldwyd help met donasies om die koranavirus te veg.

Teen Vrydag was daar al meer as 24 000 sterftes wêreldwyd.

Rafael Nadal het ’n beroep op Spaanse atlete gedoen om te help om meer as €11 miljoen in te samel.

Roger Federer het vroeër vandeesweek een miljoen Switserse frank beskikbaar gestel om kwesbare families in Switserland te help.

Djokovic (32) het Vrydag in ’n videokonferensie in Marbella, Spanje, sy dank uitgespreek teenoor dokters en ander mediese personeel in Serwië en oor die wêreld heen.

“Ongelukkig word meer en meer mense elke dag met die virus besmet. Ek en my vrou, Jelena, beraam planne om ons finansiële middele en hulpbronne maksimaal aan te wend. Ons skenking is om mediese toerusting en ventilators te koop.”

Altesame 457 gevalle van die virus is reeds in Serwië aangemeld en daar was sewe sterftes.

Djokovic sê weens die opskorting van tennistoernooie kan hy nou meer tyd by sy gesin deurbring.

“Die situasie is onvoorspelbaar. Daar is baie angs en paniek. Ek verstaan dit, want daar is mense wat ly.

“Ek en my gesin probeer positief bly in die stryd teen die virus.”

Die voormalige Indiese krieketspeler Sachin Tendulkar het 5 miljoen roepees tot Indië se stryd teen die pandemie geskenk – 2,5 miljoen vir die regering van die staat Maharashtra en 2,5 miljoen vir die eerste minister se noodlenigingsfonds. – Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.