Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Novak skotvry ná hy beampte se voet tik

Die Australiese Ope-kampioen, Novak Djokovic, het ’n boete vrygespring nadat hy Sondag in ’n oomblik van frustrasie die hoofskeidsregter se linkervoet in die verbystap liggies getik het.

Novak Djokovic tik Sondag Damien Dumusois, skeidsregter, se voet tydens die eindstryd van die Australiese Ope in Melbourne. Foto: Getty Images

Djokovic was vies vir Damien Dumusois, die skeidsregter, nadat dié hom in die tweede stel van sy eindstryd teen Dominic Thiem twee keer gewaarsku het omdat hy te lank geneem het om af te slaan. Met die tweede waarskuwing is sy afslaan, volgens protokol, as ’n fout geroep.

Djokovic het in reaksie hierop nie net die skeidsregter se voet getik nie, maar hom ook die volgende sarkasties toegesnou: “Goeie werk, veral met die tweede een (waarskuwing). Jy het jouself beroemd gemaak, welgedaan.”

Djokovic het kort ná die wedstryd vir sy optrede om verskoning gevra en Dumusois het ook nie ’n bohaai daaroor gemaak nie.

Hoewel beamptes van die Australiese Ope ook gemeen het dis nie ’n boete werd nie, het hulle nie geskroom om ander spelers in die loop van die toernooi te straf nie.

Onder hulle het die Switserse maestro Roger Federer getel, wat met $3 000 beboet is nadat hy geswets het in ’n spannende wedstryd teen Tennys Sandgren.

Nick Kyrgios is ook beboet nadat hy vir ’n skeidsregter gevra het of hy onnosel is.

Alexander Zverev, Fabio Fognini, Benoit Paire, Alize Cornet en Simona Halep is die ander spelers wat almal moes opdok vir oortredings.

– TeamTalk

Meer oor:  Australiese Ope  |  Novak Djokovic  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.