Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Djokovic uit, toe weer in vir opwarmstryd
’n Uitgelese groep spelers het Vrydag in Adelaide beroepstennis in 2021 ingelui – voor sowat 4 000 toeskouers

Novak Djokovic, Rafael Nadal, Simona Halep en Serena Williams het hul seisoen afgeskop met oorwinnings in die eendaagse vertoontoernooi, wat as opwarming vir die Australiese. Ope gedien het.

ADELAIDE, AUSTRALIA - JANUARY 29 Novak Djokovic  f
Novak Djokovic en 'n jong ondersteuner op die tennisbaan tydens die vertoontoernooi in Adelaide, Australië. Foto: Getty Images
Djokovic, die nr.1-manspeler, het die 19-jarige Italianer Jannik Sinner met 6-3, 6-3 geklop.

Wel, hy en sy Serwiese landgenoot Filip Krajinovic.

Djokovic het enkele minute voor die wedstryd sou begin, onttrek, omdat hy las het van blase op die palm van sy regterhand.

Krajinovic het hom vervang. Nadat Krajinovic die eerste stel gewen het, het Djokovic sy plek op die baan ingeneem en die wedstryd voltooi.

“Ek is jammer dat ek nie van die begin af uitgestap het nie,” het Djokovic gesê.

“Ek moes behandeling by my fisio kry nadat ek die laaste twee dae nie op my beste gevoel het nie en ek onseker was oor hoe ek sou reageer.”

Dit het nie voorgekom of die blase hom veel gepla het nie.

“Dit is nie maklik nie, maar dit is wat ons doen. Ons is beroepsatlete en deur die jare leer ons om met die pyn te speel,” het hy bygevoeg.

“Dit gaan suiwer oor of die pyn draaglik is of nie. Jy wil natuurlik nie kanse waag ná ’n moeilike oefensiklus en met die ATP-beker en Australiese Ope wat voor jou lê nie.”

Djokovic en Krajinovic sal volgende week weer kragte saamspan vir die Serwiese span wanneer hulle hul titel in die ATP-bekertoernooi in Melbourne probeer verdedig.

Nadal, die Franse Ope-kam­pioen, het Dominic Thiem, die Amerikaanse Ope-kampioen, die stryd aangesê. Die Spanjaard was met 7-5, 6-4 baas.

ADELAIDE, AUSTRALIA - JANUARY 29: Naomi Osaka of J
Naomi Osaka en Serena Williams stap van die baan af ná hul wedstryd in Adelaide. Foto: Getty Images
In die dag se eerste vrouewedstryd het Serena Williams en Naomi Osaka puik tennis opgedis.

Die Amerikaner was met 6-2, 2-6 (10/7) aan die wenkant, met albei spelers wat opgewonde was oor die feit dat hulle weer voor ’n skare kon speel.

“Ons kon vir meer as ’n jaar nie voor toeskouers speel nie, so dit was ’n lang tyd. Ons is só bly om hier te wees. Dit is nou die moeite werd,” het het Wil­liams gesê.

Die Aussie Ashleigh Barty het in haar wedstryd teen Simona Halep aanvanklik die botoon gevoer, maar op die ou end het die Roemeen met 3-6, 6-1 [10-8] koning gekraai. – Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Serena Wil­Liams  |  Melbourne  |  Tennis  |  Victoria  |  Australiese Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.