Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Djokovic verloor teen kwalifiseerder

Novak Djokovic het Sondag met ’n vreemde vertoning vorendag gekom teen Taro Daniel, ’n Japannese kwalifiseerder, by die BNP Paribas Ope in Kalifornië, Amerika.

Novak Djokovic het gesukkel by die BNP Paribas Ope. Foto: Getty Images

Djokovic, wat terugkeer ná ’n operasie aan sy regterelmboog, was ’n skadu van sy ou self en het die stryd teen Daniel met 7-6(3), 4-6, 6-1 verloor om vinnig uit te val in ’n toernooi wat hy al vyf keer gewen het.

“Dit het gevoel soos my heel eerste beroepswedstryd, baie vreemd,” het Djokovic ná afloop van die nederlaag gesê.

“Ek het heeltemal ritme verloor en het in die afgelope paar weke ’n bietjie met my gesondheid gesukkel.”

Djokovic het verlede jaar ná Wimbledon ses maande afgevat en het sy terugkeer vanjaar in Januarie by die Australiese Ope gemaak, waar hy in die vierde ronde verloor het. Hy is kort hierna in Switserland aan die elmboog geopereer.

“Ek was dankbaar om so vinnig ná die operasie weer op die baan te kan wees, maar terselfdertyd het dit glad nie goed gevoel nie. Daar was baie senuwees en ek het soveel ongedwonge foute gemaak.”

Dit is veral Djokovic se vertoning in die laaste stel wat die wenkbroue laat lig het.

Die tenniskommentator Jim Courier het gesê dit het gelyk of Djokovic oorgegee het.

Ek het heeltemal ritme verloor en het in die afgelope paar weke ’n bietjie met my gesondheid gesukkel
Novak Djokovic

“Die vrae oor sy nederlaag sal net meer raak. Ons het gewonder hoe hy ná sy operasie sou lyk en hoe sy elmboog sal reageer op die spanning, maar dit is sy kop en sy hart wat in hierdie wedstryd nie reg gereageer het nie. Dit is baie verwarrend,” het Courier gesê.

Roger Federer, die verdedigende kampioen, het dieselfde lot as Djokovic vermy deur die Argentyn Federico Delbonis met 6-3, 7-6(6) te klop.

Die Fransman Gaël Monfils kon ook daarin slaag om John Isner van Amerika met 6-7(5), 7-6(3), 7-5 te klop. - Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Indian Wells
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.