Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Djokovic voorspel groot dinge vir Sinner

Novak Djokovic, die wêreld se nommereen-tennisspeler, meen Jannik Sinner kan ’n kampioen word.

Volgens hom het die Italiaanse tiener die vaardighede en die dryfkrag om in ’n topspeler te ontwikkel.

Die jong Jannik Sinner van Italië het daarin geslaag om Novak Djokovic se aandag te trek. Foto: Getty Images

Die 19-jarige Sinner, wat vroeër vandeesmaand in die Miami Ope vir die eerste keer die eindstryd van ’n ATP-Meesters 1000-toernooi gehaal het, bevind hom tans 22ste op die wêreldranglys.

Hy kan dalk binnekort vir die eerste keer teen Djokovic speel mits hy vandeesweek in die eerste ronde van die Monte Carlo-meesterstoernooi verby Spanje se Albert Ramos-Vinolas kan kom.

“Ek het sy ontwikkeling, sy pad tot waar hy nou is, dopgehou,” sê Djokovic, wat ’n loslootjie in die eerste ronde het.

“Dis regtig indrukwekkend. Hy is ’n baie, baie aangename mens. Hy werk regtig hard. Hy is toegewyd. Hy het alles wat hy nodig het om ’n kampioen te word.”

Volgens Djokovic word Sinner ook omring deur “goeie tennismense” – sy afrigter, fiksheidsafrigter en fisioterapeut.

“Ek ken hierdie mense al lank. Hy is in goeie hande,” sê Djokovic.

Sinner het in Februarie die jongste man sedert Djokovic in 2006 geword om twee ATP-titels te wen.

Djokovic meen Sinner wys reeds hy kan gereeld goed vertoon.

“Ek glo daar is baie dinge wat hy in sy loopbaan wil bereik en hy het dit ook al so aangedui. Hy is baie ambisieus,” sê Djokovic.

“Dit lyk nie of hy tevrede is met wat hy sover bereik het nie. Hy soek meer en dis goed om daardie dryfkrag in hom te sien.”

Djokovic het nog nie sedert Februarie, toe hy die Australiese Ope vir die negende keer gewen het, gespeel nie.

Hy dink egter hy sal slaggereed wees vir die begin van die kleibaan-toernooie.

“Ek voel fisiek reg. Ek het tennis die laaste paar maande gemis,” sê hy. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.