Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Novak wen 5de Meesterstitel in Parys

Novak Djokovic het ’n rekordgetal vyfde Paryse Meesterstitel gewen toe hy die Kanadese melkbaard Denis Shapovalov Sondag van die baan gevee het.

Novak Djokovic van Serwië vier sy oorwinning Sondag in die Parys Meesters. Foto: Getty Images

Hy het ook sy hoop om voor die einde van die jaar weer die wêreld se voorste speler te word, lewend gehou.

Hy het met 6-3, 6-4 geseëvier oor sy 20-jarige teenstander, wat senuagtig voorgekom het ná hy voordeel getrek het uit Rafael Nadal se onttrekking Saterdag voor die halfeindstryd.

Daar is twyfel oor die 33-jarige Nadal se fiksheid vanweë ’n maagspierbesering voor die ATP-eindronde, wat op 10 November in Londen begin. 

Djokovic hoop om daardie titel vir die sesde keer in sy reeds hoogtepunt-belaaide loopbaan te wen.

Die Serwiër, wat teen die Rus Karen Khachanov in verlede jaar se eindstryd in Bercy verloor het, het gister sy vierde oorwinning in net soveel wedstryde behaal teen Shapovalov, wat 28ste op die wêreldranglys is.

Die sestienmalige Grand Slam-kampioen het nou 34 Meesterstitels gewen, een kort van Nadal.

Djokovic het ook al altesaam 77 titels in die ATP-reeks gewen. – Sportredaksie en AFP 

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Parys-Meesters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.