Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Novak Djokovic wen Franse Ope

Dit het wel elke ons van sy veggees en die heel beste tennis waartoe hy in staat is geverg, maar Novak Djokovic kan homself nou ‘n 19-malige Grand Slam-kampioen noem, nadat hy ‘n begeesterde Stefanos Tsitsipas in die Franse Ope-eindstryd met 6-7(6), 2-6, 6-3, 6-2, 6-4 verslaan het.

Novak Djokovic nadat hy die Franse Ope-titel Sondag gewen het. Foto: Getty Images

Djokovic, die wêreld se voorste speler, en Tsitsipas, op 22 die beste van die ‘nuwe generasie,’ het mekaar vir meer as vier ure op die Philippe Chatrier-baan rondgejaag voor Djokovic uiteindelik kon seëvier.

Dat die Serwiër sou koning kraai, is vooraf wyd en syd voorspel, veral nadat hy Rafael Nadal Vrydagaand in die halfeindronde van al sy kragte gestroop het.

Maar dat Tsitsipas so ‘n yslike stryd sou opsit, het min mense sien kom. Van vrees vir Djokovic se reputasie was daar egter geen teken nie.

Soos soveel spelers al voorheen uitgevind het, is dit egter nooit maklik om Djokovic vir vyf stelle stil te hou nie. In sy 29ste Grand Slam-eindstryd is hy vir die sewende keer gevra om vyf stelle te speel, en het hy vir die sesde keer ‘n marathon gewen. Tou opgooi is nie ‘n idee wat hy maklik aanvaar nie.

Danksy dié sege kort Djokovic nou net een verdere Grand Slam-titel om Roger Federer en Nadal se Slam-rekord van 20-enkelspeltitels te ewenaar. Meer as dit het hy Sondag iets vermag wat nie een van die twee kon nie: hy is nou die eerste speler in meer as ‘n halfeeu wat al vier die Grand Slam-toernooie minstens twee keer kon wen.

Meer volg later.


Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.