Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Dominic Thiem dalk uit Wimbledon

Dominic Thiem kan hom dalk onttrek aan die Wimbledon-tennistoernooi nadat hy in ’n opwarmingstoernooi in Majorka sy polsgewrig beseer het.

Dominic Thiem aan die oefen in Majorka. Foto: Getty Images

Dié Oostenryker, verlede jaar se Amerikaanse Ope-wenner, sê hy het Dinsdag “iets gehoor kraak” in sy eerste wedstryd teen Adrian Mannarino.

Die tweede gekeurde Thiem, vyfde op die wêreldranglys, het met 5-2 voorgeloop toe hy sy regterpolsgewrig beseer het. Hy is op die baan behandel en het besluit om as voorsorg die wedstryd eerder prys te gee as om die besering te vererger.

Thiem het Woensdag op Twitter aangekondig dat hy ná die wedstryd dadelik ’n skandering ondergaan het.

“Die uitslae daarvan was nie duidelik nie en ek het besluit om na Barcelona te gaan dat ’n spesialis daarna kan kyk.”

Thiem (27) het hom vroeër aan die Olimpiese Spele in Tokio onttrek juis om hom op Wimbledon en die Amerikaanse Ope toe te spits, waar hy verlede jaar sy eerste Grand Slam-toernooi gewen het.

Hoewel hy al die eindstryde van drie van die Grand Slam-toernooie gehaal het, kon Thiem nog nooit verder as die vierde ronde op Wimbledon vorder nie. Hy was darem al een keer in 2015 in Stuttgart die wenner in ’n grasbaantoernooi, maar hy is in sy laaste twee toernooie by Wimbledon elke keer in die eerste ronde verras.

Rafa Nadal, die wêreld se nr. 3-speler, het hom ook onlangs aan Wimbledon en die Olimpiese Spele onttrek. Hy het ’n uitputtende kleibaanseisoen as die rede vir sy besluit voorgehou. – Sportredaksie, tennis365.com


Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Wimbledon  |  Tennis  |  Dominic Thiem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.