Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Dowe speler van Korea maak geskiedenis
Lee Duck-hee is ’n baanbreker vir dowe tennisspelers. Foto: Getty Images

Lee Duck-hee het Maandag geskiedenis gemaak toe hy die eerste dowe tennisspeler geword het wat ’n wedstryd in die hoofloting van ’n ATP-toernooi wen.

Dié Suid-Koreaan het Henri Laaksonen (Switserland) in die eerste ronde van die Winston-Salem-Ope met 7-6 (7/4), 6-1 geklop.

Dié 21-jarige het nege kishoue geslaan om die wedstryd ná ’n lang reënonderbreking te wen op die harde bane van Noord-Carolina.

Op tweejarige ouderdom is daar bevind dat Lee doof is. Hy kan gevolglik nie die lynregters se roepe hoor nie en maak staat op tekens en gebare vir sy inligting.

“Mense spot my oor my gebrek en sê ek behoort nie tennis te speel nie,” sê Lee.

“Dit is moeilik, maar my vriende en familie help my daardeur en ek wil vir almal wys dat ek dit wel kan doen. My boodskap aan mense wat gehoorgestremd is, is om nie ontmoedig te raak nie. As jy hard probeer, kan jy enigiets vermag.”

Hy kom nou in die tweede ronde teen die Pool en derde gekeurde, Hubert Hurkacz, te staan.

Die voormalige voorste wêreldspeler, die Skot Andy Murray, het vir die tweede toernooi agtereenvolgens in die eerste ronde verloor. Murray, wat pas eers weer enkelspel begin speel het ná ’n heupvervanging, is in Noord-Carolina deur die Amerikaner Tennys Sandgren, met 7-6 (10/8), 7-5 uitgeskakel.

Murray het hard geveg om drie stelpunte in die valbylpot te oorleef voordat Sandgren die vierde benut het. In die tweede stel het Murray vroeg sy afslaan verloor en gou met 0-3 agter geraak, voordat hy teruggeveg het.

Sandgren het egter weer deurgebreek in die 11de pot en toe suksesvol afgeslaan vir die wedstryd.

– Reuters

Meer oor:  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.