Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Dubbelsstryd in Ope vir knoeiery bekyk
Die Amerikaner Madison Brengle se naam word genoem in verband met n ondersoek na wedstrydknoeiery op die Franse Ope. Foto: Getty Images

Aanklaers in Frankryk sê hulle het verlede Donderdag ’n ondersoek begin na beweerde wedstrydknoeiery in ’n vroue-dubbelspelwedstryd op die Franse Ope.

Die aanklaer se kantoor sê die ondersoek na “bedrog in ’n georganiseerde groep” en “aktiewe en passiewe korrupsie” het betrekking op ’n dubbelskragmeting tussen die Roemeense paar Andreea Mitu en Patricia Maria en Yana Sizikova van Rusland en die Amerikaner Madison Brengle.

Die Franse sportpublikasie L’Equipe beweer die vyfde pot van die tweede stel is veral onder die soeklig.

In dié pot, wat die Roemeense paar gewen het sonder om ’n punt af te staan, het Sizikova twee dubbelfoute begaan.

Volgens L’Equipe is groot hoeveelhede geld daarop verwed dat die Roemeense paar dié pot sou wen.– Reuters, AFP

Meer oor:  Frankryk  |  Amerika  |  Ondersoek  |  Tennis  |  Knoeiery  |  Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.