Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Duitsers beëindig Serwië se wenrekord
Duitsland se Alexander Zverev juig nadat hy en Jan-Lennard Struff hul dubbelspelwedstryd teen Nikola Cacic en Novak Djokovic van Serwië gewen het. Foto: AP

Novak Djokovic se voorbereiding vir die Australiese Ope is Vrydag kortgeknip.

Dié Serwiër het vroeër Vrydag ’n puik enkelspelwedstryd in die ATP-bekerreeks teen Alexander Zverev van Duitsland met 6-7(3,) 6-2, 7-5 gewen.

Zverev het hom nie van stryk laat bring deur die nederlaag nie, en hy en Jan-Lennard Struff het kragte saamgesnoer om Djokovic en Nikola Cacic met 7-6(4), 5-7 (10-7) te klop.

Struff het Dusan Lajovic vroeër met 3-6, 6-3, 6-4 geklop.

Serwië, die verdedigende kampioen, se veldtog het met 1-2 tot ’n einde gekom.

Die Duitsers sal in die halfeindronde teen Rusland te staan kom en Spanje in Italië pak.

Djokovic was teleurgesteld oor die dubbelspel-nederlaag.

“Ek is ontsteld dat ons verloor het. Ek dink nie nou aan die Australiese Ope of enigiets anders nie,” sê Djokovic.

Ek is ontsteld dat ons verloor het. Ek dink nie nou aan die Australiese Ope of enigiets anders nie.
Novak Djokovic

“Die kompetisie gaan oor die span, nie om een enkelspelwedstryd te wen nie. Ons sal weer probeer.”

Die Oostenryker Dominic Thiem sou ook nog wedstrydtyd wou hê, maar met die telling 6-1 in sy enkelswedstryd teen Benoit Paire het die Fransman die handdoek ingegooi.

’n Uitgedunde Spanje het met 1-2 teen Griekeland verloor, maar steeds die halfeindronde gehaal.

Griekeland se Stefanos Tsitsipas.

Pablo Carrena Busta het Michail Pervolarakis met 6-3, 6-4 geklop, waarna die Griek Stefanos Tsitsipas met 7-5, 7-5 baas oor Roberto Bautista Agut was.

Nadat Carrena Busta en Marcel Granollers die eerste pot van hul dubbelswedstryd teen Tsitsipas en Markos Kalovelonis met 1-0 verloor het, het hulle die stryd gewonne gegee. – Reuters

TV: Saterdag 08:00 (SS 214).

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Stefanos Tsitsipas  |  Australie  |  Melbourne  |  Tennis  |  Covid-19  |  Aussie Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.