Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Eerste kwarteind in 8 jaar vir Kvitova
Petra Kvitova slaan Maandag af in haar tenniswedstryd in die vierde ronde teen Zhang Shuai van China. Die Tsjeg het die sege in skoon stelle in een uur 25 minute beklink. Foto: Getty Images

Die Tsjeggiese hotklou Petra Kvitova het Maandag vir die eerste keer in agt jaar die kwarteindronde van die Franse Ope-tennistoernooi gehaal.

Sy was veels te sterk vir Zhang Shuai van China en het met 6-2, 6-4 oorheers.

Kvitova, die sewende gekeurde, het vir die vierde agtereenvolgende keer in skoon stelle gewen.

Terwyl so baie groot name reeds uitgeskakel is, sal Kvitova, ’n tweemalige Wimbledon-kampioen, voel dit is ’n gulde geleentheid vir haar om sukses te smaak. Sy sal in die kwarteindronde teen die ongekeurde Duitser Laura Siegemund te staan kom.

“Dit was beslis ’n puik dag,” sê Kvitova.

Sy het in 2017 haar terugkeer tot tennis by die Franse Ope gemaak nadat sy ses maande tevore ernstige handbeserings in ’n mesaanval opgedoen het.

“Om terug te wees op dieselfde baan waar ek my terugkeer gemaak het én om die kwarteindronde te haal, is iets wat ek nié verwag het nie. Ek probeer vinniger speel en aggressief wees met my terughoue,” het sy aan Eurosport gesê.

Die 30-jarige speler het van die begin haar stempel afgedruk en vanaf die agterbaan oorheers. Sy het binne 15 minute met 4-0 voorgeloop.

Kvitova se vorige beste uitslag op Roland Garros was ’n plek in die halfeindronde in 2012.

Siegemund, op 32 jaar die oudste speler in die loting, het die Spanjaard Paula Badosa met 7-5, 6-2 geklop om die eerste keer die kwarteindronde van ’n Grand Slam-toernooi te haal. – Reuters

Meer oor:  Parys  |  Tennis  |  Franse Ope  |  Petra Kvitova
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.