Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Ek het geen respek vir Kyrgios’
Nick Kyrgios deel kritiek uit en kry dit terug. Foto: Getty Images

Nick Kyrgios se vriende raak vinnig minder.

Dié Aussie-heethoof is een van die mees uitgesproke spelers in wêreldtennis en sy medespelers loop gedurig onder sy skerp tong deur.

Wat jy uitdeel, moet jy ook kan ontvang.

Annabel Croft, ’n voormalige Britse nr. 1 wat ’n gerespekteerde TV-aanbieder is, het nou uitgevaar teenoor Kyrgios – en waarskynlik talle hedendaagse spelers se emosies verwoord.

Croft sê sy is geen aanhanger van dié Aussie-speler nie en het geen respek vir hom as mens nie.

Kyrgios is “ongelooflik onbeskof en gemeen”, het Croft gesê ná die Aussie se jongste aanvalle op medespelers op sosiale media.

Jy kan nie oor die hele Europa heen vertoonwedstryde hou om vinnig geld te probeer maak nie.
Nick Kyrgios

Hy het gedurende en ná Novak Djokovic se Adria-reeks in Serwië en Kroasië baie te sê gehad oor dié omstrede toernooi en die afgelope Sondag wéér ’n eiertjie daaroor gelê.

“Tennisspelers moet in almal se belang optree en saamwerk. Jy kan nie oor die hele Europa heen vertoonwedstryde hou om vinnig geld te probeer maak nie.

“Dink ook aan ander. Moenie selfsugtig wees nie,” het hy gesê met verwysing na Djokovic, Borna Coric, Grigor Dimitrov en Viktor Troicki, wat gedurende die Adria-reeks die koronavirus opgedoen het.

Kyrgios het gesê hy sal vir “my Aussies en die honderde en duisende Amerikaners wat hul lewe (in die Covid-19-pandemie) verloor het”, nié aan die Amerikaanse Ope deelneem nie.

Annabel Croft voer verlede jaar ’n onderhoud met Alexander Zverev gedurende die ATP-eindtoernooi in Londen.Foto: Getty Images

Kyrgios is op “morele hoë grond” en is ongelooflik uitgesproke, het Croft aan talkSPORT se program White and Sawyer gesê.

“Nou die dag het hy gesê Borna Coric het ’n grondboontjie vir ’n brein én is die verveligste speler om dop te hou.

“Hy doen en sê dinge om aandag te trek. Hy omskep homself in ’n rampokker, ’n sprokieskurk.

“Ek kan nie respekteer wat hy doen óf hoe hy hom op die baan gedra nie,” het Croft gesê.

Die Brit sê dit is moeilik om na Kyrgios se uitlatings te luister. – TeamTalk

Meer oor:  Nick Kyrgios  |  Brittanje  |  Australie  |  Tennis  |  Respek  |  Omstrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.