Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Ek is bly ek onthou hoe om tennis te speel’
Donna Vekic moker ’n voorarmhou in haar wedstryd teen Arantxa Rus – die eerste in die WTA-reeks sedert die Covid-19-pandemie. Foto: Getty Images

Bykans vyf maande nadat tennis tot ’n stilstand gekom het weens die koronavirus-pandemie, het Donna Vekic die eerste speler geword wat ’n hoofloting-beroepswedstryd in die Covid-19-era wen, toe sy Arantxa Rus met 6-1, 6-2 verslaan het in die eerste ronde van die Palermo Ope vir vroue.

Dié kleibaan-toernooi in Sicilië het die terugkeer van die WTA-reeks ingelui, wat laas in Maart toernooie aangebied het.

Vekic (Kroasië) se oorwinning oor die Nederlander is in 75 minute behaal en net ’n handjievol toeskouers was teenwoordig, met sosiale afstand-riglyne wat gehandhaaf is en ook temperatuur wat getoets is.

Die spelers het mekaar nie by die net gegroet nie en eerder net hul rakette laat raak en ook nie met die skeidsregter hande geskud nie.

Hulle moes hul eie handdoeke ook hanteer, terwyl selfies en handtekeninge uitdeel verbied is by die toernooi, wat voortgaan, al moes ’n ongeïdentifiseerde speler daaraan onttrek nadat sy positief getoets is vir die virus.

Ek was die vorige dag senuagtig en ook vandag. Maar ná die eerste twee potte het ek begin ontspan en was gefokus.
Donna Vekic

“Dit was beslis vreemd. Ek was die vorige dag senuagtig en ook vandag. Maar ná die eerste twee potte het ek begin ontspan en was gefokus,” het Vekic gesê.

“Dit was uitdagende toestande. Dit was winderig en die bal het getrek net waar hy wou. Ek is net bly ek het nie vergeet hoe om tennis te speel nie, hoe om wedstryde te speel en hoe om te wen nie. Dit was ’n groot verligting,” het Vekic gesê.

Die Duitser Laura Siegemund het ook die tweede ronde gehaal deur die Roemeen Irina-Camelia Begu met 6-3, 6-4 te klop, maar Italië se Sara Errani moes hard werk om nog ’n Roemeen, Sorana Cirstea, in bykans drie ure met 7-5, 1-6, 6-4 huis toe te stuur.

Errani het nou 179 oorwinnings in ’n hoofloting op klei, meer as enige ander aktiewe speler op die vrouereeks. – Reuters

Meer oor:  Palermo  |  Italie  |  Covid-19  |  Tennis  |  Beroepstoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.