Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Ek is genees!’: Tennisster oorwin kanker
Carla Suárez Navarro het kanker vir ’n kishou geslaan. Foto: Getty Images

Die Spaanse tennisster Carla Suárez Navarro, voormalige toptienspeler, sê sy het haar behandeling vir Hodgkin-limfoom voltooi en is van kanker genees.

“Nog ’n stappie vorentoe,” sê die 32-jarige Suárez Navarro op Twitter.

“Elke woord van ondersteuning het my die laaste klompie maande krag gegee. Ek is genees!”

Suárez Navarro het in Februarie gesê sy het aanvanklik gedink Covid-19 veroorsaak die maagseer en naarheid wat sy verlede jaar September ondervind het.

Toetse het egter bevestig die nuus was veel erger as wat sy verwag het en die Hodgkin-limfoom-diagnose het maande se chemoterapie beteken.

Die voormalige wêreldnommerses het twee WTA-titels verower en die kwarteindronde by ’n Grand Slam-toernooi op vier geleenthede gehaal.

– Reuters

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Covid-19  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.