Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Ek speel deur pyn, sê Rafael Nadal

Rafael Nadal wou ná sy onttrekking aan die Indian Wells-toernooi in Maart die handdoek ingooi en sy tennisseisoen beëindig.

Rafael Nadal Sondag op Roland Garros met sy trofee ná sy oorwinning oor Dominic Thiem. Foto: Reuters

Hy het weens ’n kniebesering sy halfeindstryd teen Roger Federer prygegee en hom aan die toernooi onttrek.

Hy het daarna ook die Miami Ope misgeloop voordat hy vir die kleibaanseisoen teruggekeer het.

Hy het in drie halfeindstryde verloor voordat hy die titel in die Italiaanse Ope en die afgelope Sondag in die Franse Ope gewen het.

Nadal het nou bekend gemaak dat hy op Roland Garros steeds pyn gehad het.

“Ek was ná Indian Wells geestelik op ’n laagtepunt,” het die 33-jarige Spanjaard aan die ATP se webtuiste gesê.

“Ek het dit oorweeg om my seisoen kort te knip en te kyk of my liggaam herstel, eerder as om aan te hou speel met besering ná besering.

“Of ek moes deur die pyndrempel speel. Die vooruitsig was maar bleek. Ek moes my kop regkry en dit gebeur nie oornag nie.

“Ek was onwillig en onseker of ek moes terugkeer. Ek het nog ’n skeur in ’n sening gehad. Behalwe vir die herstelproses, is daar die pyn.”

Weens die knaende pyn, het hy gesukkel om gemotiveerd te bly.

“Daar was ’n tyd dat ek net moeg vir alles was. Ek was moeg om heeltyd pyn te hê.

“Ek het nagedink en myself belowe dat ek op Roland Garros met die regte houding en energie sou speel wat nodig was om alle struikelblokke voor my uit die pad te vee.”

Nadal se triomf in die Franse Ope plaas hom twee oorwinnings agter Federer op die lys van Grand Slam-enkelspeltitels. Hy het 18 teenoor Federer se 20.

Nadal sê hy sal nie voor Wimbledon aan enige grasbaantoernooie deelneem nie. Wimbledon begin op 1 Julie. – Reuters

Meer oor:  Parys  |  Tennis  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.