Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Ek wil soos Roger wees, sê Coco

Die Amerikaanse tennisster Coco Gauff sê sy was senuagtig maar geëerd om Wimbledon se hoofbaan op dieselfde dag as haar “rolmodel” Roger Federer te deel.

Coco Gauff sê sy kan enige tyd by Roger Federer om advies aanklop. Foto: Getty Images

Volgens Gauff (17), wat Maandag in die vierde ronde deur die Duitser Angelique Kerber geklop is, het dit gevoel asof sy die voorvertoning van ’n konsert vir die Switserse legende lewer.

Dit was die derde opeenvolgende dag wat sy voor die wenner van 20 Grand Slam-titels op die hoofbaan gespeel het.

“Dit was nogal opwindend,” sê sy.

“Ek het dit as ’n voorvertoning vir hom beskou. By konserte tree ’n minder bekende musikant voor die beroemde musikant op. Dit was hoe ek dit benader het, dit was nogal opwindend.”

Coco Gauff is Maandag deur Angelique Kerber uitgeskakel. Foto: Getty Images

Gauff sê sy het baie geleer by Federer (39).

“Roger het ’n groot invloed op my ingesteldheid op en van die baan af. Hy is altyd iemand met wie ek kan gesels as ek raad nodig het.

“Hy het klas en is iemand wat ek bewonder. Dit is wonderlik dat ek in staat is om teenoor hom oop te maak, hopelik kan dit so aangaan, hopelik kan ons aanhou wen tot die einde.”

Gauff is trots om haar eie pad te stap, maar sê Federer inspireer haar en dat sy die Switser se ingesteldheid wil nadoen.

“Ek wil die beste moontlike rolmodel wees. My en Roger se persoonlikhede verskil heeltemal. Hy is ouer as ek. Ek is deel van ’n ander generasie.

“Ek bewonder hom en wil soos hy wees, maar ek wil ook myself wees.

“Ek dink nie ek sal ooit die persoon kan wees wat hy is nie want hy is Roger, ek is Coco. Maar ek probeer beslis om my te gedra soos wat hy op en af die baan doen.”

Sportredaksie, tennishead

Meer oor:  Wimbledon  |  Tennis  |  Coco Gauff  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.