Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Dié epiese eindstryd as beste aangewys
Rafael Nadal en Roger Federer het in 2008 volgens ’n BBC-peiling die beste Wimbledon-eindstryd nóg beslis. Foto: Getty Images

Wimbledon sou die afgelope naweek sy eindstryde aangebied het, maar die tradisieryke grasbaantennistoernooi is weens die Covid-19-pandemie vanjaar afgelas.

BBCSport het ’n peiling gehou om die tien top-eindstryde in die mans- en vroue-enkelspel te bepaal.

Die BBC se gesaghebbende sportaanbieder Sue Barker, die Franse Ope kampioen in 1976, en ’n span kenners het hul kortlys saamgestel, waarna die publiek gevra is om vir hul gunsteling te stem.

1. Roger Federer t. Rafael Nadal, 2008 – Nadal wen met 6-4, 6-4, 6-7, (5-7), 6-7 (8-10), 9-7.

Federer en Nadal was die voorste twee spelers op die wêreldranglys. Die tweede gekeurde Spanjaard se doelwit was om die Switser van ’n vyfde agtereenvolgende titel te weerhou nadat hy die vorige twee eindstryde verloor het.

Rafael Nadal lê uitgestrek op sy rug nadat hy die epiese eindstryd beklink het. Foto: Getty Images

Nadal, destyds 22, het ná byna sewe uur (daar was ’n paar reënonderbrekings) vir Federer as die koning van die All England Club onttroon.

Dié epiese kragmeting het 39% van die stemme gewerf.

Die res van die toptien:

2. Novak Djokovic t. Andy Murray, 2013 – Murray wen met 6-4, 7-5, 6-4.

3. Bjorn Borg t. John McEnroe, 1980 – Borg wen met 1-6, 7-5, 6-3, 6-7 (16-18), 8-6.

4. Novak Djokovic t. Roger Federer, 2019 – Djokovic wen met 7-6 (7-5), 1-6, 7-6 (7-4), 4-6, 13-12 (7-3).

5. Goran Ivanisevic t. Pat Rafter, 2001 – Ivanisevic wen met 6-3, 3-6, 6-3, 2-6, 9-7.

6. Roger Federer t Andy Roddick, 2009 – Federer wen met 5-7, 7-6 (8-6), 7-6 (7-5), 3-6, 16-14.

7. Bjorn Borg t. John McEnroe, 1981 – McEnroe wen met 4-6, 7-6 (7-1), 7-6 (7-4), 6-4.

8. Arthur Ashe t. Jimmy Connors, 1975 – Ashe wen met 6-1, 6-1, 5-7, 6-4.

9. Boris Becker t. Kevin Curren, 1985 – Becker wen met 6-3, 6-7 (4-7), 7-6 (7-3), 6-4.

10. Pat Rafter t. Pete Sampras, 2000 – Sampras wen met 6-7 (10-12), 7-6 (7-5), 6-4, 6-2.

Venus Williams (regs) vier haar oorwinning teen Lindsay Davenport in die eindstryd in 2005. Foto: Getty Images

* Wat die vroue betref, het Venus Williams se 4-6, 7-6 (7-4), 9-7-oorwinning teen Lindsay Davenport in 2005 met 17% van die stemme die eerste plek gehaal.

Dit is steeds die langste vroue-eindstryd wat nóg by Wimbledon beslis is en het 2 uur en 45 minute geduur.

Die 14de gekeurde Williams het die laagste gekeurde vrouespeler geword om die titel te wen.

Haar oorwinning oor haar Amerikaanse landgenoot, destyds eerste op die ranglys, was ook haar derde titel by die All England Club.

• Die res van die toptien:

2. Maria Sharapova t. Serena Williams, 2004 – Sharapova wen met 6-1, 6-4.

3. Steffi Graf t. Martina Navratilova, 1988 – Graf wen met 5-7, 6-2, 6-1.

4. Jana Novotna t. Nathalie Tauziat, 1998 – Novotna wen met 6-4, 7-6 (7-2).

5. Betty Stove t. Virginia Wade, 1977 – Wade wen met 4-6, 6-3, 6-1.

6. Steffi Graf t. Gabriela Sabatini, 199 – Graf wen met 6-4, 3-6, 8-6.

7. Steffi Graf t. Jana Novotna, 1993 – Graf wen met 7-6 (8-6), 1-6, 6-4.

8. Chris Evert t. Martina Navratilova, 1978 – Navratilova wen met 2-6, 6-4, 7-5.

9. Chris Evert t. Evonne Goolagong-Cawley, 1976 – Evert wen met 6-3, 4-6, 8-6.

10. Billie Jean King t. Ann Jones, 1969 – Jones wen met 3-6, 6-3, 6-2.

– Sportredaksie

Meer oor:  Wimbledon  |  Tennis  |  Nadal  |  Roger Federer  |  Venus Williams  |  Rafael
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.