Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Fedbeker dra nou Billie Jean King se naam
Billie Jean King Foto: Getty Images

Die Fedbeker, die Wêreldbeker-kompetisie vir vroue-tennisspanne, sal voortaan die Billie Jean King-beker heet, het die Internasionale Tennisfederasie (ITF) bekend gemaak.

Die 76-jarige King is ’n ikoon van die spel en lewenslange kampvegter vir maatskaplike geregtigheid en gelykheid.

King, wat al ’n baie lang paadjie stap met die kompetisie, sê dis ’n groot eer dat die Fedbeker nou haar naam dra.

Die nuwe naam volg op verlede jaar se veranderinge, wat ’n nuwe formaat insluit en vergrote boerpot van $12 miljoen, wat in pas met die mans se Davisbeker-kompetisie is.

David Haggerty, ITF-president, sê die nuwe naam is ’n gepaste huldeblyk vir alles wat King bereik het.

Dit sal ’n blywende nalatenskap bied, wat toekomstige generasies van spelers en ondersteuners sal inspireer.
David Haggerty

“Dit sal ’n blywende nalatenskap bied, wat toekomstige generasies van spelers en ondersteuners sal inspireer.”

Hy beskou King as ’n baanbreker soos min.

“Van die eerste Fedbeker as lid van die seëvierende Amerikaanse span in 1963, tot die stigting van die WTA, waarvan sy die eerste president was en met haar presidensiële medalje van vryheid, het sy nog nooit opgehou om baanbrekerswerk te doen nie.”

King het oor die jare die Fedbeker telkens as speler (sewe keer) en spankaptein (vier keer) omhoog gehou. – Sportredaksie

Meer oor:  Billie Jean King  |  Vsa  |  Itf  |  Fedbeker  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.